Twee ‘rowers’ dood ná skietgeveg met polisie

(Foto: Verskaf)

Twee mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n koeriervoertuig beroof het, is doodgeskiet tydens ’n skietgeveg met die polisie in Newlands East in Durban.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het die polisie Woensdag vroegoggend op ’n rooftog op die N2-snelweg in die Paddock-nedersetting gereageer waarby ’n koeriervoertuig betrokke was waartydens elektroniese toerusting en ander items gebuit is.

“Ondersoeke het die polisie na Newlands East gelei waar drie verdagtes besig was om die vermoedelik gesteelde goedere af te laai,” sê Naicker.

“Die verdagtes het die polisie se opdragte om hulself oor te gee, geïgnoreer en op die polisie losgebrand, waarna ’n skietgeveg gevolg het.

“Ná die skietgeveg is daar vasgestel dat twee verdagtes noodlottige skietwonde opgedoen het. Die derde verdagte is in hegtenis geneem en twee vuurwapens is op die toneel gevind.”

Die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) is na die toneel ontbied vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

piet ·

Hulle moes sommer die derde verdagte ook grasieus van die samelewing verwyder het.

Cherokee ·

Sou graag hul gesigte wou sien. ‘n ‘Koerier’ van wie ek steeds die telefoonnommer het, het my gistermiddag op die sypaadjie ‘n “splinternuwe” notebook (laptop) en 55″ TV aangebied vir R800.

John ·

Ai dit is darem goed om ook party dae goeie nuus te kry. Wel gedaan die polisie.

Aggie ·

Ek het al meer kere gehoor daardie polisie laat nie met hulle mors nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.