Twee steel glo 300 kg se koperkabel van Transnet

Argieffoto

Twee verdagtes is Saterdag in Vredenburg aan die Weskus in hegtenis geneem nadat hulle in besit van meer as 300 kg se koperkabel betrap is.

Die koperkabel behoort aan Transnet en het ’n geraamde waarde van R91 000.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het omstreeks 18:45 patrollie in Vredenburg gery toe hulle ’n swaargelaaide Toyota Corolla by die kruising van die R27 en R399 gewaar het.

Die polisiebeamptes het die voertuig voorgekeer en op 302 kg se koperkabel afgekom.

’n Werknemer van Transnet het die koperkabel as eiendom van die spoordiens geïdentifiseer en die twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Die twee vermeende koperkabeldiewe, onderskeidelik 43 en 46 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Di ·

Hierdie tipe diefstal gaan NOOIT ophou tensy daar strenger wette ingestel word teen skroothandelaars wat hierdie kabels koop by diewe nie. Besef hierdie idiote nie watse SKADE hulle aanrig in ons land nie!

Frank John ·

Laat die aankoop en verkoop van koper se prys so laag val dat dit onder staal se prys is en die koper diefstal sal stop.

Swerwer ·

Dit is mos hoe die nuwe suid afrika operate. Die inwoners kry nie genoeg van bo af nie so hul moet hulself help voor dit ook in die hoës se sakke beland

domheks ·

die diewe se net in die hof – hulle was honger, dan is hulle more weer op straat met ons regstelsel.

Kobus ·

Wenk aan SAPD. Indien moontlik, agtervolg verdagtes eerder en kom dan by die kern van die probleem uit nl die Skroothandelaars.

SjN ·

Hul moet aangekla word van sabotasie, en laat hul se wie en waar is die aankoper/s, hul is net so skuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.