Twee sterf, 25 beseer in Worcester-botsing

Twee mense is dood en 25 ander beseer. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Twee mense, vermoedelik plaaswerkers van die omgewing, is dood en talle ander mense beseer nadat twee vragmotors Woensdagaand op die N1 by die Rouxweg-aansluiting gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 18:00 gebeur.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeerspolisiehoof, het gesê een van die vragmotors het die plaaswerkers vervoer.

“Altesaam 25 insittendes is beseer en na ʼn hospitaal geneem. Twee mense het gesterf,” het Africa gesê.

Die pad is lank vir verkeer gesluit terwyl nooddienswerkers die toneel opgeruim het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kirst ·

Dis so kilometer van ons huis af. Daar gebeur gereeld noodlottige ongelukke omdat dit een van die enigste plekke in die land is waar ‘n dorpspad ‘n vier rigting aansluiting het met die N1 wat met ‘n verkeerslig beheer word. Daar is nog een in Worcester nie ver van daar nie en toe ek laas in Louis Trichardt was, was daar ook een as ek reg onthou.
Die Wes-Kaapse regering wou al lankal ‘n pad bou wat die verkeer om die dorp sou vat Robertson toe. DIt sou voorkom dat die vragmotors ons paaie stukkend ry en die betrokke aansluiting sou dan mee weggedoen word en die dorpspad sal net ‘n brug oor die N1 word. SANRAL weier egter om die wisselaars te bou, en die N1 is hulle pad. Word wakker SANRAL.

Bolander ·

Stem saam met Kirst. Moontlike oplossings word al vir seker 35 jaar bespreek vandat die pad dubbel bane gemaak was en verkeersligte was een van die grootste verbeterings. Ongelukkig is dit meeste van die tyd voertuie wat die N1 gebruik wat versuim om of stadiger te ry of te stop. Hoeveel mense moet nog daar sterf voor iemand gaan wakker skrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.