Twee sterf in Centurion-vliegongeluk

Die insittendes van die ligte Bat Hawk-vliegtuig is op die toneel dood verklaar. (Foto: Emer-G-Med)

Twee mense is Sondag dood toe ʼn ligte vliegtuig in ’n veld by Grasslands in Centurion neergestort het.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid se ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) het bevestig dat die vlieënier en ʼn passasier aan boord van die Bat Hawk-vliegtuig was toe die voorval omstreeks 08:00 plaasgevind het.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van die nooddiens Emer-G-Med, is albei slagoffers by nooddienswerkers se aankoms op die toneel dood verklaar.

Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie. Die name van die oorledenes is ook nog nie bekend nie.

ʼn AIID-ondersoekspan is Sondag na die toneel ontbied om bewyse in te samel. ʼn Voorlopige verslag sal binne 30 dae uitgereik word.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn nadoodse ondersoekdossier reeds by die polisie geregistreer is.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Perdeby ·

Ai dit is Baie erg. n Ligte vliegtuig het in 2016 agter my op die N14 gland by die lughawe langs die pad net voir Centurion.

electricmango ·

Bitter jammer om te hoor. Sterkte vir almal wat deur die voorval geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.