Twee US-studente as vermis aangemeld

Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) is Vrydagmiddag laas by Kirkland se woonstelgebou op Stellenbosch gewaar (Foto: SAPS)

Die polisie vra die publiek om met enige inligting vorendag te kom wat tot die opsporing van twee vermiste studente van Stellenbosch, Wes-Kaap, kan bydra.

Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) is Saterdagmiddag as vermis aangemeld.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is die twee Vrydag omstreeks 17:00 laas buite Kirkland se woonstelgebou op Stellenbosch gewaar. Hulle was saam in ’n maroenkleurige Subaru Forester met die registrasienommer CA 280 247.

Pleidooie dat die twee opgespoor word, word wyd op Facebook versprei.

“Enigiemand met meer inligting oor waar die paar hulself bevind, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel,” versoek Traut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Byekonfyt ·

Ek sidder om te dink aan die “wat as” scenarios. Ek hoop en bid vir hulle welstand.
Sterkte aan die families!

Danie ·

Ek hoop nie die uitstappie het in n misdaad situasie ontaard nie.In SA is enige iets moontlik.

Marcello ·

Dankie, tog my kind het by NWU gestudeer, dit is skrikwekend hoe baie misdade en insidente plaasvind met studente van die Stellenbosch Universiteit. Is net nie meer veilig vir studente daar nie.

VaalDonkie ·

Stellenbosch is nie net ‘n universiteit nie, maar ‘n hele dorp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.