Twee van Mokopane vas oor onwettige gassilinders

Argieffoto (Foto: kobitriki/Pixabay)

Twee sakemanne van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo, onderskeidelik 32 en 39 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn onwettige gassilinder-aanleg.

Die verdagtes is in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, Mokopane-bomopruiming, die plaaslike kriminelerekordsentrum, departement van binnelandse sake, die departement van minerale hulpbronne en energie, die departement van omgewingsake, die Mogalakwena-brandweer en Royal Square (brandbestrydingsverteenwoordigers).

“Inligting is in die begin van die jaar ontvang oor ʼn aanleg in Mokopane wat ongemagtigde gassilinders hervul en verkoop,” sê kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Die aanleg was sedertdien op die polisie se radar.”

Die span het tydens die klopjag beslag gelê op ʼn groot getal gassilinders met verskillende handelsmerke met ʼn geraamde waarde van R350 000.

Die verdagtes sal Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn. “Hulle staan tereg op aanklag van bedrog, diefstal en oortreding van regulasies wat met druktoerusting verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.