Twee van Valke, oudbeampte in hof

(Argieffoto)

Die twee senior lede van die Valke en ’n voormalige beampte van dié eenheid wat vroeër vanoggend in hegtenis geneem is rakende onreëlmatighede met bevorderings binne die Valke, is op borgtog vrygelaat.

Brig. Peggy Mhlongo en kol. Malesela Motlana van die Valke het vlugtig saam met kol. Paulina Mokgadi in die Pretoriase handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Mhlongo en Motlana is borgtog van R5 000 elk toegestaan terwyl Mokgadi op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

Die verdagtes, onderskeidelik 48, 55 en 57 jaar oud, sal na verwagting weer op 25 Februarie in die hof verskyn, sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke.

Mogale het vroeër gesê die verdagtes het na bewering hul mag misbruik toe hulle hul pligte as lede van ’n keuringspaneel uitgevoer het.

Hoewel die onreëlmatighede na bewering by die Valke se kantoor in Noordwes aangemeld is, is ’n ondersoek nou oor al die provinsies se kantore heen gelas.

Mokgadi was voorheen verbonde aan die Valke se kantoor in Silverton in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Nie eers die instansie spring korrupsie etc…….vry nie…n mens wil hoop verloor vir hierdie land en sy mense

Cornelius ·

Genade, dit nou die instansie en amptenare wat korrupsie en bedrog moet aanspreek. Waar is daar nie bedrog en korrupsie onder die ANC nie?
En dan is daar nog mense wat glo alles gaan regkom.

Nico ·

Weer word die saak uitgestel dit sal uitgestel word sodat die dossiere kan verdwyn, die mense is mos verhewe bo die wet.

Gert Johannes ·

Word wakker mense, waarom is ANC so hard besig om korupsie te beveg, 2021 se tussenverkiesings. Wie vervolg hulle, al die lae vlak koruptes, ongelukkig vir hulle spring daar nou dinge op wat te na aan die top koruptes kom, Ace Magashule, die volgende vlak is die ANC regering self. Wat nou gemaak, ondersoek al die Valke, hulle is nou die gevaar vir die TOP KORUPTES. Wie gaan die Valke ondersoek, die ander korupte ANC’s in die Valke. Ons weet mos wat van 1988 tot 1994 gebeur het. Goeie vb vir ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.