Twee van Valke, oudbeampte vas

(Argieffoto)

Twee senior lede van die Valke en ’n voormalige beampte van dié eenheid is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat onreëlmatighede met bevorderings binne die Valke aan die lig gekom het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het na bewering hul mag misbruik toe hulle hul pligte as lede van ’n keuringspaneel uitgevoer het.

Hoewel die onreëlmatighede na bewering by die Valke se kantoor in Noordwes plaasgevind het, is ’n ondersoek nou regoor al die provinsies se kantore gelas.

Die voormalige offisier was verbonde aan die Valke se kantoor in Silverton in Pretoria.

“Dit behoort nou duidelik te wees dat die direktoraat niemand bevoordeel of vooroordeel oor iemand het in die uitvoering van sy mandaat nie. Die beginsel wat gevolg word, is dat die lede van die direktoraat, ongeag die senioriteit van die beamptes, steeds hul werk verrig sonder vrees, guns of vooroordeel.”

Die verdagtes, onderskeidelik 48, 55 en 57 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Pretoriase handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van korrupsie en bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Genis ·

Ek wonder soms wie is nie korrup in SA se staats diens nie?

Hexi ·

Nie net by die Valke waar daar onreëlmatighede by die bevorderings is nie…

Riaana ·

???????????????????????? Jy slaan die hammer op die spyker

Pieter ·

Ek wonder nou net.
Is die alles waar, of is dit gefabriseer?
Ace Magashule het mos so ruk terug gewaarsku as die Valke aanhou karring met hom sal hulle ook toegemaak word soos destydse Skerpioene

Dup ·

Spieëltjie,spieëltjie aan die wand,wie is die skelmste en mees korrupste in ons land?.Ons almal weet,maar mag nie staatsgeheime verklap nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.