Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde voorval het glo in Morokweng buite Vryburg in Noordwes plaasgevind. Volgens Ramaloko was die slagoffer glo Woensdagaand op pad na haar kêrel se huis toe sy deur twee mans voorgekeer is.
Die verdagtes het glo aan die vrou gevra waarheen sy op pad is voordat een van die verdagtes haar glo vasgegryp en begin slaan het. Volgens Ramaloko het die verdagtes die vrou glo na ʼn huis in die omgewing geneem waar een van die verdagtes haar klere uitgetrek het en hulle haar glo om die beurt verkrag het.
Volgens Ramaloko kon die vrou omstreeks 04:00 Donderdagoggend daarin slaag om te ontsnap nadat die verdagtes aan die slaap geraak het. Die vrou het onmiddellik ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. Die verdagtes, 24 en 34 jaar oud, is kort hierna in hegtenis geneem.
Ramaloko het gesê die verdagtes sal Maandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn.
Begin afsny wat pla en stel ‘n voorbeeld aan verkragters!
Daar’s net twee maniere om verkragters te straf: 1) Doodstraf, wat ongelukkig nie meer gegee word nie, of 2) Sny alles af wat hulle in staat stel om sulke wrede dade te pleeg .