Tweede eendagwedstryd afgelas

Nuweland-stadion in Kaapstad. Foto: Rodger BOSCH/AFP

Die tweede eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland wat Maandag sou plaasvind, is ook afgelas.

Die tweede wedstryd sou Maandag op Nuweland plaasvind.

Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Engelse Krieketraad (ECB) het in ʼn gesamentlike verklaring gesê die besluit is geneem terwyl daar gewag word op die uitkoms van ʼn onafhanklike bekragtiging van twee onbevestigde positiewe Covid-19-toetse in die Engelse kamp en die voortgesette gesondheid en welstand van albei speelgroepe.

“KSA en ECB sal sodra die bevindings van hierdie hersiening ontvang is, besluit hoe om te werk te gaan met die oorblywende twee wedstryde van hierdie reeks,” lui die verklaring.

Die eerste wedstryd sou aanvanklik Vrydag op Nuweland begin het, maar is uitgestel nadat iemand in die Protea-kamp positief vir Covid-19 getoets het.

Dié wedstryd sou toe Sondag in die Paarl gespeel word, maar is ook afgelas. Die tyd wat die wedstryd sou begin, is aanvanklik vertraag nadat die Engelse spelers en bestuur Saterdagaand ʼn ekstra ronde toetse ondergaan het nadat twee lede van die hotelpersoneel positief vir Covid-19 getoets het. Daar is later besluit om die wedstryd af te las.

“KSA doen alles in sy vermoë om te verseker dat die hoofprioriteit, naamlik die veiligheid, gesondheid en welstand van spelers, ondersteuningspersoneel en almal daarby betrokke, beskerm word,” het Graeme Smith, Suid-Afrika se direkteur van krieket, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jakes ·

Hoe is dit moontlik dat KSA nie afsondering suksesvol kon bewerkstellig terwyl England en Australia dit suksesvol kon doen?

Surfer ·

Want 90% van ons Afrikaners het skoon suurstof tussen die ore.

JohanR ·

Dankie tog…..kan nie nog ‘n knie buig aanskou nie, en nog ‘n SA vernerdering nie!

Baardman ·

Dink eerder hulle gebruik covid as verkoning vir hulle SWAK spel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.