Tweejarige drie dae ná verdwyning gevind

Klein Lethabo Mashiane (2) veilig in die arms van ‘n reddingswerker, drie dae nadat hy spoorloos verdwyn het. (Foto: SA Polisie)

Drie dae nadat ʼn tweejarige seuntjie spoorloos in die bosse by Marulaneng in Limpopo verdwyn het, is hy gevind.

Klein Lethabo Mashiane was ongedeerd, maar erg ontwater.

Hy het Maandag soos ʼn groot speld verdwyn terwyl hy by sy grootouers se huis was. Sy ouma het die seuntjie by sy oupa gelos en ʼn ruk later ʼn oproep gekry dat sy dringend moes terugkom omdat Lethabo spoorloos was.

Lede van die polisie se soek-en-reddingspan, bestaande uit stasiepolisielede, lede van die honde-eenheid, die berede eenheid, nooddienswerkers en talle inwoners van die nedersetting, het sedertdien onophoudelik na die seuntjie gesoek, het brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

Lethabo is Woensdagmiddag, drie dae ná sy verdwyning, in bosse sowat 10 km vanaf sy huis gevind. Hy het hulpeloos bo-op ʼn rots gelê toe reddingswerkers op hom afgekom het.

Hy is dadelik na die plaaslike kliniek geneem, maar was oënskynlik ongedeerd, het Mojapelo gesê.

Die polisiehoof in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die polisie én gemeenskap geloof vir hulle gesamentlike pogings om klein Lethabo te vind. Hy het ouers en voogde gevra om deurlopend bewus te wees van waar hulle kinders hulle bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marieta ·

Prys die Here! N groot dankie aan elkeen wat help soek het.

JP ·

Ag siestog. Hy was seker baie bang. Ek is so bly hy is gevind.

VanAfrika ·

Hy moet baie moeg wees want om 10km ver te dwaal vir so n klein ding moes moordend wees.

Fiefie ·

Prys die Here. Die arme seuntjie moes vreesbevange gewees het.

Bugsby ·

Dankie Abba Vader dat U hierdie lyfie beskerm het en hom weer terugbesorg het aan sy familie. Die mamma en oupa het nou ‘n 2de kans gekry, hulle moet hom voortaan soos goud oppas.

Jessica ·

Was no WALK TO FREEDOM!!!! Blame the grandfather for not watching the poor child, can just imagine him kept on walking into a no home direction, and alone. hope the mother never trust the grandmother again to watch him as she gave it over to her husband who also could not to the watching and caring over him.

@bollabek ·

Always a born judgemental person, who is perfect in all your ways, to grind the pain of someone else. Shame on you.

cathy ·

Ag jinne mamma. Die arme lyfie. Bly hy is ongedeerd gevind.

Johanna ·

Bly die kindtjie is veilig. Hy het baie baie ver geloop. ek wonder hoekom hy nie maar net by oupa gebly het tot ouma terugkom nie!

@bollabek ·

Want hy is 2 jaar oud, en dit is wat 2 jariges doen. Hulle verdwyn binne ‘n split sekonde.

Penellope Jones ·

Mensig, dit kon so anders gewees het!
Dankie tog hy is ongedeerd gevind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.