Sewejarige tweelingdogtertjies se getuienis het daartoe bygedra dat ‘n man skuldig bevind is aan die verkragting van hulle driejarige sussie, het The Star Donderdag berig.
Die man van Krugersdorp is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, aan verkragting skuldig bevind. Volgens die berig het die man die driejarige meisie se vagina met sy vingers gepenetreer.
Die meisie het ‘n week na die voorval nog gebloei. Die tweelingdogtertjies, wat die verkragting aanskou het, het in die saak getuig.
Regter George Maluleke het hulle geloof vir hulle getuienis en sê dit was deurslaggewend in die verhoor.
“Na my mening was die kinders konsekwent in hul getuienis en het hulle redelik goed gevaar tydens kruisondervraging,” het Maluleke gesê.
Staatsaanklaer Deon van Wyk sê die beskuldigde is in 2009 skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n 11-jarige meisie. Hy is ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar vir dié misdaad opgelê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Hoekom net ‘n opgeskorte vonnis vir vorige oortreding? Die oortreders moet lewenslank uit die samelewing verwyder word want hulle doen dit net elke keer weer en weer. Die dogtertjie gaan lewenslank moet saamleef met dit wat hy aan haar as onskuldige kind gedoen het.
Ja, Elsjé, ek stem met jou saam. Dis asof hulle dink as dit met n kind gebeur dit onder n mat ingevee kan word. Enige verkragting moet hul lewenslank gee, geen parool, daai siekgoed kan nooit genees of gerehabiliteer word nie. Hoe de hoenders nog op borgtog vrygelaat, dink hul hy het geskrik en gaan ophou? Nou is n driejarige dogtertjie se lewe verwoes omdat hy op borgtog uit was, en ek is seker die ding het n impak op haar tweeling sussies ook gehad en hul almal gaan die letsels vir altyd dra.
Dink net die trauma wat die arme kinders moes beleef met nie net die sien van die daad self, maar ook om weer getuienis te moes lewer en dit nadat die onkruid voorheen amper net ‘n raps oor die vingers gekry het. Hierdie tipe wandade moet GOED gestraf word – daar moet ‘n sterk boodskap aan verkragters en voornemende verkragters uitgestuur word!!!
Dit sal ook baie help om ‘n foto van hierdie vuilgoed oral te publiseer! Die samelewing, en spesifiek kinders moet weet hoe lyk die monster, waarvoor hulle moet passop. Hy verdien om deur almal gehaat en verag te word.
Vir wat op geskort , duidelik is daar fout, kyk net wat het nou gebeur, vry gelaat en hy doen dit weer, regtig, rigting of tronk lewenslank