‘Tweetalige onderrig kan nie afgedwing word’

ʼn Aantal leerders wat by die skool toegelaat wil word, het saam met hul ouers die hofverrigtinge bygewoon, geklee in die skooluniforms van hul vorige skole. Foto: ANA

ʼn Advokaat wat Hoërskool Overvaal verteenwoordig, het Donderdag aan die Noord-Gautengse hooggeregshof gesê die Gautengse departement van onderwys kan nie verwag dat ʼn skool met ʼn Afrikaans-taalbeleid Engelssprekende leerders moet toelaat nie aangesien dit in teenstelling is met Skolewet.

Albert Lamey vir Hoërskool Overvaal het sy betooghoofde voor die hof gelewer nadat die skool in Vereeniging die hof genader het toe die departement die skool verplig het om 55 Engelssprekende leerders vir die  akademiese jaar 2018 in te neem. Die skool het die leerders geweier en gesê hy is vol en het ook nie die nodige hulpbronne om vir nie-Afrikaanse leerders te voorsien nie.

“Jy kan nie bloot opdragte gee wat ʼn beleid ontken nie. Jy kan nie opdrag gee om iets af te dwing wat teen die beleid is nie,” het Lamey gesê. “Hulle [die departement] sou teen 20 Oktober geweet het toe die toelatings gesluit het, maar hulle het gekies om te wag.”

Hy het verder aangevoer die skool is nie gerat vir tweetalige onderrig nie en gesê die departement het versuim om die kapasiteit van die skool in ag te neem toe hy die opdrag gegee het dat die 55 leerders aanvaar moet word.

Kumbirai Toma, regsverteenwoordiger van die Gautengse departement van onderwys, praat met Steve Mabona (blou pak), woordvoerder van die departement, en ander beamptes. Foto: Brenda Masilela/ANA

“Dit is nou buiten die taalbeleid. Dit is baie kommerwekkend dat die prosedures op dié manier hanteer is. Gʼn wonder dit is chaos nie. Leerders word geplaas en dan word die probleem net aan die beheerliggaam oorgelaat.”

Lamey het in sy slotbetoë gesê daar is ʼn beduidende toename van alle rasse wat Afrikaans by die skool wil leer. “Jy kan nie net ʼn enkeltaalbeleid ontken wanneer daar ʼn groeiende getal van daardie taalsprekers van alle kleure is nie.”

ʼn Aantal leerders wat by die skool toegelaat wil word, het saam met hul ouers die hofverrigtinge bygewoon, geklee in die skooluniforms van hul vorige skole.

“Ek het gesukkel om Afrikaans op laerskool deur te kom, so ek weet nie wat sal gebeur as ek Overvaal toe gaan en in Afrikaans onderrig moet word nie,” het die 13-jarige Naledi Mpana gesê.

Die saak is tot vandag uitgestel wanneer die departement hul betooghoofde sal lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

jaco ·

van wanneer af het afrikaanssprekendes dan so dom geword dat hulle skielik nie Engels verstaan nie? Dis ook net wit afrikaanssprekendes wat kla oor toenemende verengelsing. ek sien nooit afrikaanssprekende kleurlinge kla nie.
hierdie wit klaers moet oppas: hulle gekla gaan eendag te erg word en dan word alle wit mense oor dieselfde kam geskeer as “reaksionêr” en “teen transformasie” en dan raak die onderdrukking op almal van ons net skielik erger
Aanvaar bloot hoe dinge gedoen word. Kla eerder oor goed wat regtig brood en botter wegneem soos regstellende aksie, plaasmoorde ens.
Engels is nie ‘n moeilike of vreemde taal nie. Almal in SA het kennis daarvan. Ek is egter onbewus daarvan dat daar so baie wit afrikaanssprekendes is wat nie Engels verstaan nie. Kyk hulle niks TV nie?

Basson ·

Sjoe Jaco, ek kan nie glo jy mis die punt (so ver) nie!

(Dit gaan nie eens help om te begin om jou ‘argumente’ te ontleed en te beantwoord nie – geniet jou dag.)

Lollie ·

Jaco ons baklei vir ons taal! Iets wat ons as ons eie sien! Beteken dit vir jou niks?! Wat het geword van moedertaal onderrig? Afrikaans is ons moedertaal en is vir ons belangrik! Duidelik nie vir jou nie. Hoekom vaar die afrikaanse skole so goed? Hulle kan dit mie verdra nie en daarom moet dit vernietig word! Ons het almal in afrikaans ons skool opleiding gekry en baie van ons het na skool werk in engels gedoen sonder om te skrik. Die generasie wat immigreer het ook skool gegaan in afrikaans en gaan doen nou als oorsee in rou engels! Gee vir ons ons moedertaal! Laat hulle hul eie skole kry waar hulle kan doen wat hulle wil en los ons met ons skole. Gee vir elkeen moedertaal onderrig en kyk wie kom die beste anderkant uit! Verengels jy maar as jy wil maar gun die res hul taal – AFRIKAANS!

Albatros ·

Ou Jaco, nou gaan praat jy dan maar engels. Verskieslik in NZ.

Vic ·

Jy het dan seker geen kleurling vriende nie. Want verskeie van my kleurling vriende is uiters ontsteld oor die taalbeleidsverandering beide in skole sowel as die universiteite. Verbreed jou vriendskapsgroepie…..

JdV ·

Jaco, sal jy dieselfde drogargument voer wanneer ander gelowiges “plek” in ‘n Christen-kerk soek? Gaan jy dan ook redeneer dat ons maklik ‘n ander geloof kan aanleer …? A nee a man! ‘n Mens buig nie net so agteroor en wys geen ruggraat nie. ‘n Mens staan op vir dit wat vir jou kosbaar is.

Jan Sheppard ·

In die kol Jaco.

JdV gaan lig jou self in oor wat met OGOD se saak gebeur het.

Amelita ·

Ek voel hier word glad nie na die kinders gekyk, wil dit net weer n politieke kwessie maak . Daardie kinders gaan daar onder lei, hulle is engels sprekend nou word afrikaans op hulle afgedwing.

Pierre ·

Jy sit die pot ver mis Amelta. Niemand dwing hierdie kinders om na ‘n Afrikaanse skool te gaan nie. Die kinders se ouers het vooraf geweet dis ‘n Afrikaanse skool. As Afrikaanse kinders na ‘n Engelse skool gaan, sal daardie skool skielik oorslaan na Afrikaans om die kinders te pas? Nooit nie. ‘Jy’s skynbaar nie eers Afrikaans magtig nie – “lei” binne die konteks waarin jy dit gebruik, is LY. Leer eerder eers spel voor jy menings uitspreek oor goed waaroor jy klaarblyklik geen kennis dra nie.

Jacobus ·

Gaan Afrikaanse kinders nie ly as engels die taal van voorkeur word nie.

Dit gaan my verstand tebowe as mense engels verkies, as julle wil kruip voor julle engelse meesters, verlaat asb. Suid Afrika en gaan kruip in die VK voor julle koningin.

Ons het dit nie hier nodig nie en moet asb. nie sê dat Engels die wêreldtaal is en daarom moet ons verelgels nie.

Engels is die taal van die meesteronderdrukker nie die verlosser.

Partykeer dink ek dat mense soos u net ‘n internet trol is wat net reaksie soek omdat u niks beter het om te doen nie.

Iana ·

Niemand kla nie. Ons staan op vir ons regte. En ons taal waarop ons nog trots is. As ons ons skole verloor, wat bly oor, hoe lank voor ons taal uitsterf. Daar is skole in die omgewing wat engels is wat nie so ver van overvaal af is nie, dis mos maklik om net jou kind daar in te skryf. Jy soek mos n skool wat vir jou kind die beste gaan wees. Waar in die lewe hoor mens dat di skool nou by die kind moet aanpas.
Ek wonder watter van daai kinders ht werklik self besluit”ons wil graag in ovs wees” terwyl hul weet dit is Afrikaans.
Enige kind van enige ras en taal sal beter aanpas en beter presteer in n skool waar hulle in n taal wat hulle verstaan kan leer en waar hulle gemaklik voel. Kinders moet eerste kom en nie politiek nie. En ouers moet ook hulle prioriteite reg kry. Dt voel vir my, kinders word hier gebruik om te kry wat grootmense wil hê, en dis onregverdig. Ek gee skool in jhb by n engelse skool met 4 etniese groepe waar almal engels praat. En ons almal kom oor die weg . Hierdie is dus NIE n rasse kwessie nie,maar n taalkwessie.

Ovs ht ook swart kinders wat afrikaans magtig is. En sovêr ek al gesien ht is hulle baie gelukkig daar met goeie hegte vriendskappe.

Hannetjie ·

Overvaal is n top skool met top prestasies in afrikaans. Dit is die taal keuse van al die kinders en ouers vir onderrig in verskeie rasse. Dus, maak plek vir die engels sprekende kinders in n engelse skool indien die belange van hierdie 55 kinders vir die onderwys departement van belang is. Of is daar eintlik n verskuilde agenda hier en word die kinders daarvoor gebruik?

Martin ·

Dis alles deel van hul plan om van Afrikaans ontslae te raak. Hulle is bereid om hul eie taal en kultur tot niet te laat gaan in hul poging om Afrikaans uit te roei (in die geval alles engela te maak) Dus kort voor lank gaan hulle nie meer instaat wees om hul eie taal te lees of skyf nie en die volgende stap nie eers praat nie. Als engels.

CJ. ·

Ons woon in Jhb en in ons omgewing is daar net Engelse skole. My seun gaan graad 1 toe en ons het van dag 1 af besluit om hom in ñ Afrikanse skool te plaas. Ons is afrikaanssprekend en dis vir ons belangrik dat hy in Afrikaans onderrig word. Ek verstaan dat sommige ouers hul kinders in skole nader aan die huis wil plaas om kostes te bespaar maar as dit jou kind gaan benadeel omdat hy/sy nie die taal verstaan nie, wat is dan die doel? Jy sit mos jou kind in ñ skool met jou taalvoorkeure en ñ skool wat jy weet hy/sy die taal gaan verstaan en floreer. Ons bly 20km vanaf van die naaste Afrikaanse skool en ek ry 80km heen en weer oggend en middag om my seun by die skool te kan hê. Die kostes is hoog en ons moet soms mooi beplan maar dis ñ opoffering wat ons enige dag sal maak terwille van sy toekoms. Die skool word gedwing om sy beleid te verander om dit vir die ouers geriefliker te maak. Engelse skole maak nie voorsiening of opofferings vir Afrikaanssprekende leerders nie. Hoekom moet die skool dan gedwing word? As die skoen aan die ander voet was sou die departement net weg gekyk het….

Hanna ·

Daardie kinders is ook nie Engels nie! Wat het geword v moedertaal onderrig? Hoekom word die standaard in hulle eie skole nie mer plan gemaak nie? Nou moet alle funksionel skole stelselmatig afgetrek word tot op onaanvaarbare lae standaarde. Ek kan nie sien dat enige iemand hieruit gaan wen nie…

jaco ·

daardie kinders se moedertaal is nie engels nie, maar hulle “worry” nie oor engels nie. afrikaanssprekende kleurlinge “worry” ook nie oor engels nie. dis net wit afrikaanssprekendes wat ‘n probleem het met engels.
“mark my words”, hierdie minderheid onder die wit afrikaanssprekende mense se gekla gaan eendag eenvoudig te veel word vir die reeds anti-wit owerhede en dan gaan hulle ALLE wit mense met veel slegter behandeling as tans “straf”. dan ly ons almal oor net ‘n paar van ons aanhou kla het oor nonsens.

Jacobus ·

Jaco, as u op ‘n hopie wil gaan lê om geskop te word, doen dit maar, daar is geen groter misdaat as die wat stilbly as daar ‘n misdaat is nie, en die ontkenning van Afrikaans onder die VN handves kom neer op kultuur/taal uitwissing,

As hulle wil straf uitdeel, moet hulle bereid wees om straf te kry, daar is baie maniere wat nog nie eers gebruik is om die ANC en hulle aanhangers te straf nie.

Lollie ·

Laat hulle ń ander skool vir die kinders gaan soek! Dit is so goed daar is ń swart kerk naby my. Ek en ń paar van my bure wil kerk toe gaan en hy is die naaste. Ons dwing hulle om nou in afrikaans ook kerk te hou want ons is afrikaans! Bog, jy gaan soek vir jou ń kerk wat afrikaans is! !!!

Leeu ·

Soek en blameer als van Wes, maar ons brand ons skole af dan wil ons by hulle skole inkom! en die’s nou die “leiers” van more. Pateties.

Maria ·

Die department wil die skool verplig om engels spreekende kinders in te neem … is hul bereid om ekstra klasse te bou en engels spreekende onderwysers se salarise te betaal en engelse handboeke te voorsien en te betaal. Hierdie kinders moet mos dan in engelse klasse geplaas word …

Ronel ·

Skaars 5 minute se ry verder is ander hoërskole wat wel Engelssprekende kinders akkomodeer, maar nee,kom ons teiken Overvaal wat ‘n goeie “track record” het. Klompie jare na mekaar al 100% matriekslaagsyfer. Kom ons toffie dit bietjie op.

bgj van der westhuizen ·

hulle het geweet dit is n afrikaanse skool maar en dat daar nie engels in onderrig gegee word nie
maar net nog n ding waar om moet ons wat Afrikaans is altyd in engels met engels sprekende persoon praat hy het mos ook Afrikaans op skool gehat net so soos ek engels moet geleer het
op skool maar afrikaanse mense praat baie beter engels as wat engelspersoon Afrikaans praat dat laat my woneder van hoe het hulle matriek deur gekom

Gemaskerde Sopbeen ·

Let tog op wat het in die verlede gebeur: ‘n “Afrikaanse” universiteit in Johannesburg het begin om “Engelssprekendes” toe te laat. Dit het die deur oopgemaak vir ‘n klomp mense wat NIE Engels is nie, maar in Engels wil leer. Die standaarde daal…….en die “Engels-sprekendes” wat oorspronklik daar toegelaat is, verlaat die universiteit en gaan na die volgende “Afrikaanse” Universiteit en dring aan om in Engels klas te draf…en die proses herhaal homself. Dieselfde tendens sal ook in skole gebeur……….Afrikaanse skole stel hoë standaarde. Hulle word gedwing om in Engels klas te gee. “Engelse leerders” daag op….saam met ‘n klomp “NIE-Engelse” leerders……en die standaarde val. Die “Engelse” wat daarop aangedring het om in die “Afrikaanse” skool opgeneem te word, verlaat die skool……..en gaan na die volgende Afrikaanse skool toe, want hulle kan dit nie uithou met die tradisioneel “NIE Engelssprekendes” nie….Hulle forseer hulleself in die volgende Afrikaanse skool in…….en die proses herhaal homself. Hoekom het niemand nog ‘n groep van 55 AFRIKAANSE leerders gevat………..en ‘n Sotho skool gaan “DWING” om hulle te registreer en in AFRIKAANS klas te gee nie? Die departement van Onderwys sal mos boeke en onderwysers verskaf, nie waar nie?

Piet Pille ·

Lees die kommentare, maar wraggies die Jaco mis darem die punt heeltemal. Ag dit nie die moeite werd om met so ‘n persoon te moet redeneer.

Nita ·

Hierdie gedwonge plasing van Engelstaliges by Afrikaanse skole is bloot moedswilligheid. Opstokery om weereens te bewys dat wittes rassiste is.

Basie ·

Jaco, as jy bang is virdie onderdrukking beter jy nou al hol, weet net nie waarheen nie, want dit gaan nie oor die taal nie maar jou velkleur wat ongelukkig jou uniform is.

Wim ·

Dankie vir daardie skool se beheerliggaam om so te staan vir julle taalbeleid.

JdV ·

Ek vind dit lagwekkend hoe die owerhede argumente aanwend soos dit hulle pas: Kovsies mag nie meertalig wees nie (dus ééntalig), maar hierdie vól, Afrikáánse-hoërskool mag nié eentalig wees nie … Geagte Owerhede, jul onderrokke hang uit: jul probeer in elke denkbare manier Afrikaans onderdruk en ondermyn. Waarom is jul so vreesbevange vir Afrikaans dat julle dit wil uitroei? Afrikaans is mooi en edel – daar is niks onheiligs aan haar nie. Tog het julle duidelik ‘n heilige vrees of disrespek vir haar. Wéét dit: jul kan Afrikaans en haar sprekers minag, ondermyn en ontheilig soveel as wat jul wil. Op die uiteinde mag sy dalk benadeel word, ten spyte van die taal en sy sprekers se veerkragtigheid. Maar steeds sal jul niks opgebou en bevorder het nie. Want jul fokus is verkeerd en jul is verblind deur jul haat en afsku vir Afrikaans(es) se deugde, werkywer en veerkragtigheid. Deur Afrikaans(es) te ondermyn en te poog om uit te wis gaan nie vir julle op ‘n wonderbaarlike wyse deugde, werkywer en veerkragtigheid gee nie, en nog minder ‘n erfenis om op trots te wees. Jul nalatenskap gaan nie spreek van opbou en uitbou nie, maar van afbreek en naywer.

Louis ·

JdV – Nou daai bek moet heunig kry. Ek het lanklaas so n mooi kommentaar gelees soos die van jou.

Jacobus ·

Die hele geveg oor Afrikaans word aangevoer in opdrag van die linkse liberale koloniale marxiste en die britse koningshuis en hul ondersteuners.

Ons is sover nog die enigste Stam wat nog teenstand bied teen die engelse aanslag.

Kyk na enige land in die wêreld waar Engeland (VK) die koloniale bewindhebber was.

As die land saamspeel en sy meester dien, is daar vrede en voorspoed, al is die land ‘n diktatuur.

As die land nie saamspeel of sy meester se wil uitvoer nie, is daar oorlog en onluste.

Maak maar ‘n lys met al die britse kolonies en vergelyk dan of hulle in vrede lewe of nie.

Kyk die verskil tussen Botswana en Yemen as voorbeeld.

Zimbabwe is ook ‘n goeie voorbeeld, Mugabe kon doen wat hy wou as diktator, maar die oomlik toe hy die koningshuis beledig en teengaan het hy vir homself probleme veroorsaak en moes hy verwyder/vervang word met iemand meer gedienstig.

Sodra jy wil wegbreek of nie die wil van die koningshuis uitvoer nie, het jy probleme.

Wie onthou nog hoe die Boere uitgebeeld is in Engeland en wat ons gelyk gestel was aan gedurende die Anglo-Boere oorlog!

As die britse koningshuis se mag gebreek word, sal daar vrede wees, maar nie voor dit nie.

Tammy ·

Jaco, foetiog jy weet maar min. Het die kat aan die stert beet. Begin volg die hele debakel van die begin af en lewer dan kommentaar.

JC ·

Kulturele Marxisme op sy beste.

Hulle is besig met sosiale ingenieurswese-eksperimente wat ons Afrikaanse kinders se toekoms bedreig ! Haat, nyd en onverdraagsaamheid teenoor die Afrikaner; sy suksesresepte wat hom tot dusver in staat gestel het om te midde van ongekende diskriminasie kop bo water te hou; en sy kultuurgoed; word op slinkse en subtiele wyse versluier agter arbitrere en onregverdige dwang owerheidsoptrede, en diskriminasie versluier agter “gelykheidtroefvryheidtenallekoste sindroom”, gepaardgaande met ‘n OORDADIGE slagoffers-en wraakgierige mentaliteit.
Hulle wil ons taal en kultuur vernietig op subtiele wyse. Hierdie is BAIE kommerwekkende tendense en patrone wat hulself al hoe meer openbaar; aangesien onderdrukking van taal en taalgemeenskappe en onverdraagsaamheid jeens hulle die voorloper tot etniese stryd en volksmoord is.

Ons moet onsself weerbaar maak.Afrikaans Leef !

Daar is al gesterf vir moedertaal, hou aan hiermee; belastingWEERHOUDING sal volg, want hierdie is niks anders as apartheid nie, want wat in wese vir die Afrikaanse kinders op subtiele wyse gese word is dat; alhoewel hulle ouers sekerlik een van die miljoene Afrikaners is wat tot die belastingpoel bydra; hulle as Afrikaanse kinders wat in Afrikaans moet studeer nie meer geregtig is op staatshulpbronne nie; die einste hulpbronne wat verskaf word deur hulle ouers. So hou aan hiermee; optrede soos hierdie is vrugbare aarde vir BELASTINGWEERHOUDING EN DIE AANWEND DAARVAN OM ONS INSTAAT TE STEL OMONS INTERNASIONAAL ERKENDE TAALREGTE TE BESKERM AANGESIEN DIE STAAT DIT NIE WIL NIE, SO JOU AAN, ASB.
R Mogoeng; neem jy kennis of moet ek vir jou vertaal?

JC ·

Kulturele Marxisme op sy beste.

Hulle is besig met sosiale ingenieurswese-eksperimente wat ons Afrikaanse kinders se toekoms bedreig !! Haat, nyd en onverdraagsaamheid teenoor die Afrikaner; sy suksesresepte wat hom tot dusver in staat gestel het om te midde van ongekende diskriminasie kop bo water te hou; en sy kultuurgoed; word op slinkse en subtiele wyse versluier agter arbitrere en onregverdige dwang owerheidsoptrede, en diskriminasie versluier agter “gelykheidtroefvryheidtenallekoste sindroom”, gepaardgaande met ‘n OORDADIGE slagoffers-en wraakgierige mentaliteit.
Hulle wil ons taal en kultuur vernietig op subtiele wyse. Hierdie is BAIE kommerwekkende tendense en patrone wat hulself al hoe meer openbaar; aangesien onderdrukking van taal en taalgemeenskappe en onverdraagsaamheid jeens hulle die voorloper tot etniese stryd en volksmoord is.

Ons moet onsself weerbaar maak.Afrikaans Leef !

Daar is al gesterf vir moedertaal, hou aan hiermee; belastingWEERHOUDING sal volg, want hierdie is niks anders as apartheid nie, want wat in wese vir die Afrikaanse kinders op subtiele wyse gese word is dat; alhoewel hulle ouers sekerlik een van die miljoene Afrikaners is wat tot die belastingpoel bydra; hulle as Afrikaanse kinders wat in Afrikaans moet studeer nie meer geregtig is op staatshulpbronne nie; die einste hulpbronne wat verskaf word deur hulle ouers. So hou aan hiermee; optrede soos hierdie is vrugbare aarde vir BELASTINGWEERHOUDING EN DIE AANWEND DAARVAN OM ONS INSTAAT TE STEL OMONS INTERNASIONAAL ERKENDE TAALREGTE TE BESKERM AANGESIEN DIE STAAT DIT NIE WIL NIE, SO JOU AAN, ASB.
R Mogoeng; neem jy kennis of moet ek vir jou vertaal?

Jacobus ·

Hoekom doen ouers in Gauteng nie ‘n proeflopie saam met Afri-Forum en Solidariteit nie.

Vat so 30 Afrikaanse kinders na ‘n engelse skool en sê dat hulle ingeskryf wil word in die skool die naaste aan hulle ouerhuise.

Neem dit op met selfone in die geheim wat die reaksie van die skool is en as hulle weier, gaan dan na die onderwys departement en dring aan dat hulle die skool dwing om die Afrikaanse kinders in Afrikaans te onderrig by die skool, neem dit ook op.

As hulle weier, is daar genoeg bewyse dat daar ‘n aanslag op Afrikaans as taal is wat dan aan die VN voorgelê kan word as bewyse dat Afrikaans uitgewis word.

Louis ·

Ek stem saam met die meeste mense se menings hier maar wil net iets weet ….
Soek ons nie almal die beste vir ons kinders nie? Ek glo die swart/bruin mense soek dieselfde as ons wittes vir ons kinders in terme van skool opvoeding.

Nou : As my kind in n skool is wat n 50% slaagsyfer het, gaan ek hom/haar skuif of daar los? Ek sal ver ry om hom/haar in n skool te kry wat 100% handhaaf, of die skool nou Engels of Afrikaans is. Ek soek die beste vir my kind ongeag die taal van onderig.

Vra maar net…

Jacobus ·

Verbeter die skool in jou omgewing, as die onderwysers nie saamwerk vir ‘n beter toekoms nie, moet die skool beheerligaam en onderwys departement hulle uitsorteer.

Moet asb. nie weer die verskoning gebruik dat die unies die Swart skole beheer nie, dit is net die luihuid van die ouers en hul onbetrokkenheid wat dit voed.

Dit gaan oor eienaarskap neem van die probleme en dit uitsorteer.

Kyk na Afri-Forum en Solidariteit Helpende Hand, hulle dra die Afrikaanse bevolking se belange op die hart, wys my asb. een private Swart organisasie wat die belange van die Zulu, Xhosa, Sotho, Venda, ens. op die hart dra, hulle tale en kultuur bevorder en opstaan vir hulle regte.

Geen waarvan ek weet nie.

Dit is makliker om op ander se rug te ry as om iets self te doen.

Louis soos u sê; “ongeag die taal van onderrig” so dan as die engelse ouers kwaliteit onderrig soek in ‘n Afrikaanse skool, moet hulle dan Afrikaans aanvaar en nie aandring op hulle taal van keuse nie, want hulle ontneem ander van hulle reg om kwaliteit onderrig te ontvang.

U sê ook dat u ver sal ry om u kind in ‘n kwaliteit skool te plaas, maar hulle is van die omgewing waar reeds engelse skole is, ek hoor nooit dat engelse skole gedwing word om ekstra leerders te vat nie, net Afrikaanse skole.

Hoe verduidelik u dit?

Anoniem ·

Die 55 kinders word deur die departement en regering gebruik as politieke speelbal, tot die nadeel van die kinders se toekoms.

Anoniem ·

Die 55 kinders word deur die departement en sodoende deur die regering gebruik as politieke speelbal tot die madeel van die kinders se toekoms.

Pet ·

Die kinders word gebruik deur die departement en regering as n politieke speelbal, dit is jammer want dit is tot nadeel van die kinders se toekoms.

K ·

Toe ek op Hoërskool was (+/- 10 jaar terug), was ons die 2de ‘Bilingual’ groep in die skool. Ek kon in 5 jaar sien hoe n skool agteruitgaan, en 10 jaar daarna nog erger – vir solank as wat mens kan hou die skool Afrikaans en in jou eie taal. Veg outjies Veg

jaco ·

die skande van plaasmoorde op boere NET omdat hulle wit is en die anc owerhede wat bitter min daaraan doen omdat hulle nie van wit mense hou nie, is veel erger as om Afrikaans met engels te vervang. diegene wat my so kritiseer, sal doodstil wees as hulle ook die slagoffers word van rasgebaseerde, anti-wit aangevuurde misdaad en regstellende aksie. wag tot julle en julle wit afrikaanssprekende kinders dag na dag, maand na maand, selfs jaar na jaar sukkel om goed betalende werk of net hoegenaamd enige werk te kry oor die velkleur “verkeerd” is. dan sal julle vinnig agterkom ‘n bietjie taaldiskriminasie is eintlik maar niks.

Jacobus ·

Jaco, u probeer nou die gesprek verander en die vernietiging van Afrikaans versag.

Plaasmoorde en regstellende aksie is net so erg soos die vernietiging van ‘n taal, maar hier is meer op die spel.

Die verbanning van Afrikaans is ook ‘n regstellende optrede in die ANC se oë.

U sê dat die ANC nie van witmense hou nie, maar waarom dring hulle dan op engels aan, is dit nie die witman se taal nie?

Hulle weet as hulle Afrikaans vernietig, dan vernietig hulle die Afrikaanse volk, Wit, Swart, Bruin of Indiër, dit maak nie saak.

Onthou, u taal maak wie u is en u taal is u kultuur.

TDW ·

@Jaco
Jy vergelyk nou appels en pere. Dit kom alles van een groep, vrugte, maar is heeltemal verskillend. Anti-wit rassisme is by albei betrokke. Ons het nou al gesien hoe RAU afgegradeer het. Wat van die skool Gimnasium voorheen HTS Vereeniging? Afgegradeer. In my neef se skool (engelse laerskool) is hy met klippe bestook toe hy as onderwyser opgetree het teen ‘n groep wat baklei oor ‘n sokkerbal. Hy het die sokkerbal gevat en aan die leerlinge gesê om dit na skool te kom haal, want die skool het ‘n reël dat geen balle van die huis af gebring mag word nie. 9,10 en 11 jarige kinders het klippe opgetel en hom begin gooi. Laerskool kinders het dit gedoen! Alle aspekte van ons wette word opgestel om die witmens en veral afrikaners te benadeel en te verdruk. Ons wil graag ons model C skole se goeie kwaliteit behou. Dis ons toekoms. Ons moet baklei vir kwaliteit. Jy is deel van ons hede, en ons baklei reeds vir jou, ons verloor sover, maar ons hou aan om vir dit wat reg is te veg. Wit Afrikaner mans, en boere. Ons moet baklei op alle gebiede vir dit wat ons as Afrikaners nodig het om te oorleef en te floreer. Ons skole is ons toekoms.

karel ·

Daarmee is jy reg Jaco. Ek hoop jy vind eersdaags ‘n beroep waarvan en jou en wat vir jou winsgewend is.
Kontak Solidariteit en hoor of hulle poste beskikbaar het sodat jy erens kan begin. Dit is ‘n stryd om werk te kry in hierdie land. Dit is ook ‘n stryd teen die plaasmoorde- Alles is ‘n stryd.

Jessica ·

Sou die engelsprekende kinders toegelaat word in Afrikaanssprekende skool, hoe gaan dit werk?

Gaan die kennisgewingsborde verander by die skool soos bv. Die snoepie en wat die snoepie als verkoop en word die mense in die skool dan verplig om Engels te praat sodat die engelssprekende kinders nie uitvoel en voel hulle is deel van
die skool?

Gaan saalopening in Engels en
Afrikaans geskied of gaan daar twee saalopeninge wees?

Gaan sport oefeninge in Engels en Afrikaans geskied?

Tertius ·

So 5 kilometer van Overvaal af is daar ń groooot engelse skool met die naam Phoenix… Die skool is nou eers 5jaar aan die gang en bied Tegnies aan. Hoekom gaan hulle nie soontoe nie???? Daar is baie plek oop.

Kobus ·

Ai mense, ek gaan dit sê soos dit is…..
Ons as afrkaners kan niks sê oor wat aan gaan nie, ons is te slapgat om saam te staan en ons standpunte te maak. Ons het net ons self te blaam wat gebeur. Ons almal moet net vrede maak dat dinge net nog gaan erger word vi di blanke…,,

Sam ·

Afrikaanse opvoeding … ek stem daarvoor … moedertaal onderrig in jou vaderland. So mooi en edel en reg …

Maar mense, ek dink ons sit die pot lankal mis. Het julle al na jul kinders se Afrikaanse skoolboeke gekyk, die inhoud bestudeer? Die taal is Afrikaans, maar die inhoud lankal nie meer nie. Ons kinders word in hul moedertaal gebreinspoel om alles wat mooi is, alles wat edel is, alles wat waar is, alles wat Afrikaner-eie is, te verdraai en te verkrag. In ons moedertaal, in ons vaderland.

Gaan kyk hoe lyk die inhoud van hul taalboeke, hul voorgeskrewe werke, geskiedenis onderrig, sosiale wetenskappe en die verpligte lewensdisoriënteringsvak.

Snaaks, ek hoor niemand daaroor kla nie!

Ek is bevoorreg om my kinders tuis te onderrig, te móét vir die afgelope 21 jaar, om aan hulle waardes en Bybelse norme te leer en ‘n Godskarakter te vestig, om individualiste van hulle te maak in ‘n wêreld wat, al skop en skree hul soms, sáám die nuwe wêreldorde-stroom swem. Sommige Engelse Amerikaanse vakboeke is pragtige werke met sterk morele, opbouende en Christelike fondasies en ‘n vreugde om te gebruik.

Die aanslag is op soveel meer as Afrikaans – dit is die vernietiging van die Westelike nasies, van korrekte denke en ‘n Godgefundeerde, geregtelike samelewing.

Moenie korsigtig wees en jul blind staar teen die stof wat opgeskop word nie – staan ‘n paar treë terug en aanskou die stryd wat die Satan in die mou voer. Hy weet sy tyd is min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.