‘Tyd hardloop uit’ vir broer in berge vermis

Die soekgeselskap (Foto: Facebook/ Off Road Rescue Unit)

Daar is steeds geen spoor van Devereaux Pienaar (53), ’n ingenieur van Pretoria, nie nadat hy en sy broer Nico (47) verlede Dinsdag op ’n stap-ekskursie deur die Wolkberg-bergreeks in Limpopo gegaan het. Die familie van die twee broers, wat meer as ’n week gelede vermis geraak het, is dringend opsoek na nóg hulp en hulpbronne om verder na Devereaux te soek. Nico is vroeër vandeesweek lewend gevind.

Volgens Jean-Marie Bosch, die broers se susterskind, het dié ervare stappers beplan om vir twee dae in die berge te gaan stap voordat Nico weer oor die naweek sou terugkeer na eMalahleni (Witbank) waar hy weer Maandag vir werk moes aanmeld.

Dinge het egter skeefgeloop toe die broers op pad na Devil’s Knuckles besluit het om liefs terug te keer en mekaar toe verloor het. Toe familielede hulle nie op hul selfone in die hande kon kry nie, is ’n soekgeselskap na die twee broers ontplooi.

Die polisie asook verskeie spanne van Haenertsburg, Polokwane en Tzaneen is ingespan en daar is inderhaas met helikopters, voertuie en te voet onverpoos na die broers begin soek.

Bosch vertel dat Nico Maandagaand sy weg tot by ’n dam in die omgewing kon vind waar ’n taxibestuurder genaand Sydney hom begroet het. “Nico was in ’n slegte toestand. Hy was baie swak en deurmekaar,” vertel sy.

Nico het inderhaas mediese behandeling ontvang voordat hy vandeesweek saam met die soekgeselskap na sy ouboet begin soek het.

Louis Menge van die Tzaneen Search Rescue en Offroad Rescue Unit het Vrydagoggend bevestig dat die soektog na Devereaux voortduur.

Hoewel Menge vertel dat die hulp van die publiek en owerhede oorweldigend is, doen die familie nou ’n beroep op nóg ervare stappers, hommeltuigvlieëniers en lede van die publiek wat toegang tot 4×4-voertuie of helikopters het, om die soekgeselskap by te staan om Devereaux so gou moontlik op te spoor.

“Dit is ’n massiewe groot area en die tyd hardloop uit. Ons is egter vol hoop dat ons hom gaan kry,” vertel Bosch.

Menge het dit eens. “Ons is geweldig gedruk vir tyd.”

Daar word ook gevra vir onder meer kos, energiestafies en vrugte vir die soekgeselskap wat onverpoos na Devereaux soek.

Vir meer inligting rakende benodighede en waar dit geskenk kan word, lees hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

AB ·

Hoe verloor jy jou broer as julle saam stap? Maak nie sin nie! Sterkte, ek hoop hy word ongedeurd gevind!

Lee ·

AB – Die een broer het gaan water soek en hy het duidelik te lank gevat toe gaan sy broer om te kyk waar hy is en dis hoe hulle mekaar verloor het. My suster is vriende met hulle. Hoe meer hulp ons kan kry om te help soek hoe beter.

Dankbaar ·

AB – jy het seker nog nooit eens in n Mall verdwaal nie. Wel dis erger om in die berge te verdwaal as in n Mall. Jy is heeltemal rigtingloos en indien die weer en saamspeel nie kan dit tot baie nagevolge lei. Dit klink of hul ervare stappers was so ons hoop en vertrou dat hy iewers skuil. Sterkte met die soekgeselskap, familie en vriende.

Bella ·

@AB jy ruik seker n rot? Jy klink soos een van daai rotterige mense. Pleks jy gaan help soek!!!

Martie ·

Hy het nie sy broer verloor nie, sy broer het siek geraak en hy het hulp gaan soek, kon hom nie weer vind nie, maar wel al hulle goed gekry waar hy sy broer laas gelos het

ES ·

Ek mag verkeerd wees, maar “Tyd hardloop uit” is in my boek darem ‘n lelike Anglisisme. Wat van “tyd raak min”? Kom nou Maroela!

Anni ·

Humor, iemand is weg en jy kwel jou oor die korrekte gebruik van Afrikaans. Swak van jou, uiters swak.

Woedend ·

Liewe genade hulle soek na n persoon en jy het n pyn oor “die tyd loop uit”. Magtig man dis n algemene stelling. Daars mense, en mense soos jy.

Balooba ·

Wat sou u klasifiseer as “goeie Afrikaans”? Gee n voorbeeld asseblief dat ons almal kan weet/verstaan wat u so kripties probeer deel.

Hoop my Afrikaans is aanvaarbaar?

Lee ·

Jan – Dis ‘n uitetekende idee. Sal bietjie by hulle hoor of die K9 Unit ook help. Hulle is volgens my baie goed en vining.

Daan Erasmus ·

Jammer die SAPD laat hul honde op hope of op strepie doodgaan.

Lean ·

_*WOLKBERG MISSING HIKER RESCUE OPERATION*_
_*Final Update – 18:15 26/10/2019*_

????With sadness we announce that the *body of Devereaux Pienaar has been found.*
????*Sincere condolences to all family, friends, loved ones, and colleagues.*
_*A special thank you to all role players for the smallest gesture, time, effort, and tireless commitment.*_
_We Salute You_

Koning Leeu ·

Ek het self al daar gaan stap dit is n wilderness stap daar is nie gemerkte roetes nie so verdwaal is baie maklik.

Delia ·

REGTIG Humor.
Daars n tyd en n plek vir n taal les maar nie nou. Iemand se geliefde is vermis.

Leon ·

As jy in die berge gaan stap, koop vir jou hoë kwaliteit lisensie vrye radios en gebruik dit.
Jammer ek kan nie maatskappy noem nie maar ons kan hulle help. Sluit selfs by die 4X4 organisasie aan en koop radios op hulle frekwensie, en jy kan dan in nood met hulle kommunikeer as hulle jou soek. Selfone werk nie in die berge nie. Mense verstaan dit nie. Radios is nog steeds die betroubaarste.

Nika ·

My ouers het ook n soan in waar Nico uit gekom het helikopters is gereel om hulle op te vat verder want ons span kan nie oor die berg kom nie dis te hoog en geen plek om te kan om loop nie.

TINRSA ·

Ek wonder altyd waar het hierdie vreeslike frase vandaan gekom en dat ‘n kamstige Afrikaanse publikasie dit gebruik maak dit nog erger

dave ·

ja ies maak ook nie sin nie hoe los jy jou eie broer in iewers van nerens nee iets is nie reg nie

HPV ·

My seun stap soms 5 dae alleen in die berge. Hy dra “inreach” ‘n klein toestel van Garmin aan hom. Ons kan per internet sy vordering elke meter volg asook boodskappe wissel.
Sterkte met soektog, hoop en bid hy word ongedeerd gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.