Tydelike drankverbod in Matie-koshuise moet ‘fuifkultuur’ hokslaan

(Argieffoto: Yutacar/Unsplash)

Geen alkohol word sedert 1 Januarie in enige studenteverblyf van die Universiteit Stellenbosch (US) toegelaat nie.

Dr. Choice Makhetha, senior direkteur van studentesake aan US, sê in ʼn brief om die kwessie van alkoholmisbruik onder studente te takel, die universiteit se rektoraat het besluit dat die verkoop en gebruik van alkohol in koshuise en klubs voortaan afgeskaf word.

“Dit geld van 1 Januarie 2020 totdat die koshuisreëls hersien is en die onderskeie gemeenskappe op nuwe bepalings ooreengekom het. Sodra die reëls hersien is, sal hierdie beginsels in die dissiplinêre kode vir studente opgeneem word. Die universiteit sal teen enige koshuis of individu optree wat daaraan skuldig bevind word dat hulle hierdie verbod oortree,” het Makhetha in die brief aan studente gesê.

Luidens die bepalings mag geen alkohol in koshuise gestoor word nie en die vertoon van leë bottels of blikkies, wat as alkoholiese drankies herkenbaar is, word ook verbied. Alkohol wat in studenteverblyf gevind word, sal gekonfiskeer en vernietig word en die stoor en gebruik van alkohol in studenteverblyf sal as ʼn dissiplinêre kwessie hanteer word.

Verskeie US-koshuise het voorheen klein kroegies gehad wat grootliks tydens spesiale geleenthede gebruik is.

Die universiteit is verlede jaar egter geruk deur die dood van Leandró Hopley, ʼn B Com-student aan die universiteit en inwoner van Huis Visser. Hy is dood nadat sy lewensondersteunende toerusting afgeskakel is. Luidens berigte was Hopley moontlik deel van ʼn drinkspeletjie wat gespeel is en het hy ophou asemhaal.

Makhetha het na dié voorval verwys as een van die redes vir die besluit.

(Argieffoto)

In nóg ʼn voorval is Anzel Slimmers ernstig beseer toe hy glo by ʼn venster van die Huis Marais-manskoshuis uitgeval het. Slimmers was nie ʼn inwoner van die koshuis nie en het ʼn vriend daar besoek.

Makhetha het gesê geslagsgebaseerde geweld en die verband tussen ʼn drankkultuur op kampusse en seksuele aanranding is nog ʼn kwessie wat kommer wek en tot die verbod bygedra het. Sy het gesê die kampus het, soos talle ander plekke ook, ʼn probleem met ʼn “fuifkultuur”.

“In onlangse kommunikasie aan die Matie-gemeenskap het US se raad geslagsgebaseerde geweld ten sterkste veroordeel en die voortgesette interaksie tussen bestuur en studente oor hierdie onderwerp verwelkom. Die raad het ook sy bekommernis oor alkoholmisbruik onder studente uitgespreek en alle belanghebbendes versoek om meer te doen om die probleem te bekamp.

“Dis nou ons beurt om na vore te tree, eienaarskap te neem en te besluit hoe ons die probleme gaan hokslaan wat ons leef-en-leer-gemeenskappe onveilige en nie-verwelkomende plekke vir baie van ons studente en nuwelinge maak,” het Makhetha gesê.

Sy het studente aangemoedig om betrokke te raak en te praat oor hoe hulle sou wou sien daar in die toekoms met alkohol omgegaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Annoniem ·

As jou kind grootword waar drank vloei gaan die patroon aan.

Ameli ·

Hoop die wet gaan potch toe ook. Kinders suip hul in n toestand in.

Johan Venter ·

In my jong dae was drank ook nie in koshuise en op kampus toegelaat nie, maar dit het nie die studente gekeer om kroeë en klubs in die dorp te besoek nie. Kompetisies is in die kroeë gehou. Dié wat die koshuis laataand kon haal, het slingerswaaiend na hul kamer gestrompel. Wat gaan nou verander? En wat van daardie mense, waarvan daar hordes is, wat in woonstelle bly?

Soekie ·

Ek wondervof dit regtig gaan help. Studente sal eenvoudig êrens anders ‘n drinkplek opsoek. Ons gaan dalk dan meer dronkbestuur probleme kry, waar onskuldige mense beseer/ doodverongeluk word. Meer straatgevegte en studente wat omgery kan word. ‘n Groot probleem wat ‘n dringende oplossing nodig het.

piper ·

as daardie foto van die drinkplek in die koshuis is, wil ek net wat al daardie drank werd is. in die ou dae het almal net tassies gedrink nie al daardie eksotiese drank nie. dit wys net weer daar is studente met te veel geld en te min verstand.

Johan Venter ·

Sal mens dan ooit die brieke op ‘n innoverende student kan sit? Party rys sommer oor naweke drank/bier in ‘n groot koelbok met droë-ys in die bagasiebak van die kar.

Alice ·

Ek is 27 jaar terug Universiteit toe om te gaan studeer. Dis wat ek toe vir jare gedoen het. Gaan my verstand te bowe dat soveel studente eerder bepangstep in drink as studeer. Dis tekenend van die agteruitgaan van morele waardes oor die algemeen.

Thomas ·

Studente kuier al vir dekades, dis niks nuuts. Die jeug wat nie op universiteit is nie ook. Stel reëls daar in koshuise ja, maar jy gaan dit nie stop nie. Praat nie drank goed nie, maar as jy nie as student gekuier het nie (ek het nie), beteken dit nie die jeug gaan agteruit nie. My oupagrootjie het dieselfde gesê.

Blommie ·

Kinders kort opvoeding in hul OUER huise… die vesting van morele waardes. Baie ouers drink self vir ontspanning en is sedeloos. ‘Apie sien en apie doen’….voorbeeld word vir hulle gestel.

ChrisE ·

Drank is nie die probleem nie. Die persoon wat dit misbruik is die probleem. Studente fuif reeds vir baie jare. Mario Lanza het daaroor gesing. Om drank op kampus te verbied, maak die manne (dames) net meer kratief om op ander plekke te gaan vat. Dit is ‘n keuse wat jy maak. As jy jouself nie kan inhou nie gaan jy moeilikheid optel en maak.

AA ·

Tien uit tien vir hierdie nuwe reêls. Studente se hoofddoel is om te studeer en nie om te drink nie. Weet v baie studente wat die kampus moet verlaat omdat hulle te veel partytjie hou en te min leer. Die probleem gaan die studente in woonstelle wees. Almal gaan nou daar drink.

Knakkie maak ·

As drank en dwelms in die koshuise self beskikbaar is hoef hulle nie soontoe te ry nie of dit te gaan soek nie .

charmaine ·

Dit is n baie wyse besluit, nou as hulle, hulle wil “versuip” kan hulle dit op n ander plek gaan doen, want doen gaan hulle dit wel doen.

Jakes ·

Wat van n verbod op dwelms en dagga in koshuise? Studente het gans te veel tyd op hande daarom suip hulle tot vervelens toe. Grade kan behaal word in helfte die vasgestelde tyd. As studente 6 maande in n jaar werklik studeer is dit baie.

RP ·

Dwelms is orals onwettig… studente drink nie omdat hulle te veel tyd het nie, hulle drink want hulle is jonk en kort n breuk van hul studies. Dis sekerlik nie onredelik nie? Weet nie wat jy geswot het nie, maar ek kan jou belowe om ingenieurswese te swot is harder as om te werk, ek sal weet.

Bekommerd ·

Stem saam met Blommie.Kinders moet in ouerhuise aan drank blootgestel word.Bedoel nie suip saam met pa en vreinde nie.Laat jou kind saam n bier of ‘n glas wyn drink.Hulle sal saam met ouers dan verantwoordelikheid kan bespreek en ervaar.My kinders was so blootgestel,My dogter nie van die smaak van drank gehou nie en sy drink glad nie.Het my seun na ‘n kroeg toe gevat,hy het uitgestap omdat hy nie daarvan gehou het nie.Ons geniet ‘n bier saam en ja,my kinders het ook op universiteit studeer.Trots op hulle

Die swakheid van die vlees ·

Ai hoekom is die vlees altyd tog so gewillig om aan al wat ‘n aanloklike verbode soet en sappige vrug is te proe en dan op te eet? Waar is die goeie ou dae van gemmerbier en soetkoekies tog toe die vleeslike versoekings en beproewinge minder was.

C.B ·

Ek mis ook die goeie ou dae waar die soetkoekies 10 uur huis toe gegaan het ons die gemmerbier die volgende more geniet het vir daai groot nadors.

Naas ·

Dit wys net weer hoe min weet akademici van wat in die regte wêreld aangaan.

Alice ·

Wel ek sal eerder by n akademikus as n dronkaard wil klas hê.

E.K. die eerste ·

Die arme ouers kla oor kostes om kinders op univesiteit te hou (en ja dit IS baie geld, was al daar!) so waar kry die klomp so baie geld om so te drink?

nita ·

Drank moes in die eerste plek nooit toegelaat gewees het nie. Was in die sestigerjare op Potch in koshuis. Drank was nooit n faktor nie. oor en weer gekuier in koshuiskamers tussen mans en meisies was verbode. Ons was daar om te studeer. Jou pa het betaal vir jou studies en jy het geweet as jy droogmaak, verbeur jy jou kans om te studeer.

Tino ·

Dit is deel van die lewe, die lesse wat jy leer en die dinge wat jy deurgaan aan die skool van die lewe.

Dit leer jou om ‘n noodsituasie soos ‘n recce te navigeer en te alle tye onder watter invloed ookal jouself selfstandig en redelik te gedra. Jy leer ook waar jou limiete is en met die nagevolge van jou aksies te leef. Iets wat nie in die algehele samelwing vandag algemeen is nie. ‘n Kampus bly ‘n veilige plek om deur die leerskool te gaan, waneer jy dit in die stad of ander plekker moet leer gaan jy duurder lesse betaal en heelwaarskynlik baie meer inboet bv, n nag in die tronk, ongeluk, geveg met skieterye ens. In die koshuis sit jou tjomme en snrs jou ini bed en niemand doen jou kwaad nie.

Die groot mens lewe is nie maklik nie maar hoe gouer jy die koffie ruik hoe beter. As jy nie die lewe kan hanteer nie is daar nie ‘n punt nie en is dit nie die moeite werd nie.

PATTY ·

Ek praat nie drank goed nie. Ek is slef gekant teen misbruik van drank. Maar n koshuis is die huis van die student. Laat dan die kroeg vir n uur oop tussen etenstye saans sodat die studente dan gesellig saam kan kuier. Die wat hul wil oorgee aan drank elders drank gaan soek.

Anna ·

Sommige studente kry net te veel sakgeld. Dis ouers wat die kind teveel bederf het van kleintyd af. Leer n kind van kleintyd af, geld groeie nie aan Pa & Ma se rug.
“Charity begins at home”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.