Uitbreiding van aanlyn kleinhandel verwelkom

Minister Ebrahim Patel (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Minister Ebrahim Patel het te midde van druk uit talle oorde en dreigende regsaksies aangekondig dat amper alle kleinhandelprodukte nou aanlyn verkoop mag word.

Alkohol en tabakprodukte mag egter steeds nie verkoop word nie. Patel, minister van handel en nywerheid, het gesê die nuwe regulasies is uitgereik na konsultasie met Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ingevolge die Rampbestuurwet.

“E-handel kan ’n kritieke faktor wees om die ekonomie te heropen deur kontaklose transaksies, wat die beweging van verbruikers en aantal kopers in winkels kan verminder. Dit kan ook innovasie versnel, plaaslike vervaardiging ondersteun en toegang deur die informele mark en armer Suid-Afrikaners verhoog,” het Patel gesê.

Die nuwe regulasies benadruk ook dat kliënte van e-handel moet sorg dat hulle ’n masker dra wat die neus en mond bedek wanneer hulle goedere van koerier- en afleweringspersoneel ontvang. Kliënte moet ʼn afstand van ten minste een en ’n half meter van koerier- en afleweringspersoneel handhaaf.

Die DA het intussen Patel se ommeswaai verwelkom. Die party het gister hofstukke by die hooggeregshof ingedien om die rasionaliteit van drie van die afsonderingsregulasies te betwis, insluitend die verbod op e-handel.

Volgens Dean Macpherson, die DA se woordvoerder oor handel en nywerheid, moet die minister egter nie geprys word omdat hy gedoen het wat duidelik die regte en logiese ding was om te doen nie.

“Moenie ’n fout maak nie, dit is ’n vernederende ommekeer vir die minister nadat hy e-handel aanvanklik weens die irrasionele rede dat dit nie ‘regverdig’ was nie, verbied het.

“Minister Patel moes ’n pynlike les leer dat burgers nie sy ideologiese waansin wat hy tans op ons afdwing, sal verdra nie, aangesien hy wil bepaal watter vryhede en regte mense moet geniet tydens die afsonderingstydperk.”

Macpherson het gesê die DA hoop dat die jongste verwikkelinge die minister ook sal noop om die regulasies rakende klere en hoe dit gedra word, te wysig.

Patel het erg onder skoot gekom nadat hy Dinsdag bepalings in die Staatskoerant afgekondig het waarin uitgestippel word watter kleredrag mense tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk mag dra.

Hemde kan byvoorbeeld gekoop word, mits dit onder ʼn baadjie of trui gedra word. ʼn Kortbroek is ook aanvaarbaar, maar dan moet dit met stewels en dik sykouse (“leggings”) gedra word. Skoene mag ook verkoop word, maar net as die tone bedek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

PH ·

“Patel, minister van handel en nywerheid, het gesê die nuwe regulasies is uitgereik na konsultasie met Nkosazana Dlamini-Zuma”

Dit spreek boekdele.

Snowball ·

PH, jy slaan die spyker op die kop, of liewer die kopdoek.

Kobus ·

“toegang deur die informele mark en armer Suid-Afrikaners verhoog,” het Patel gesê” Nou Mnr Poertel, waarheen gaan die armer Suid Afrikaners hulle pakkies laat pos? Stof Straat 1, onder die Groot Boom?

PH ·

En natuurlik het die mense almal rekenaars met internet konneksies en bankrekeings. Hoe meer hy kwytraak, hoe meer belaglik word dit.

Kobus ·

Minister Patel,u is deur en deur ‘n kommunis en u bestuurstyl is die bewys daarvan.Ek sou graag wou sien dat die gewone man op straat nou gediens moet word maar u en kaders bestuur nou die land met ‘n ysterhand.U misplaaste idiologie van EK beveel en jy SAL doen soos ek se is nie eens ‘n geheim nie.Die stemgeregtigdes wat u en u regering verkies het,sien ongelukkig nie die onbeholpenheid wat deur die ANC ten toongestel word nie. Die aankoop reels van klere en motors is belaglik.Ek mag ‘n motor gaan toetsbestuur,die transaksie afhandel en dan moet die voertuig by my huis afgelewer word!!! Lagwekkend.Ek mag ‘n T-Hemp koop indien ek dit onder my hemp gaan dra,maar mag nie dit koop as ek dit as ‘n gewone hemp wil dra nie.Wow,dis nou ‘n beperking

Cabytheron ·

Dit is sooo snaaks!! Wonder of hulle die groot dik vetkryt gebruik om die reëls neer te skryf!!!

Nie Verbaas ·

Patel en vennote kan maat jy sal dit en dat. Of ek myself daaraan steur omdat ek n logiese denker is, is n ander vraag. Mens verdien respek, dit word nie afgedwing nie.

Ansie ·

Jy noem sy bestuurstyl kommunisties, ek noem dit idioties, belaglik, kinderagtig, geklik, insigloos en vernederend.

Nie Verbaas ·

Mens sou dink dat Patel dit met CR sou bespreek het. So kom ons agter wat in binnekringe van ANC aangaan.

Erica ·

Nee rerig. Wat is dit met die zol vrou? Het ek iets gemis? Wie is dood en het haar koning gemaak van my lewe? Almal moet haar gaan vra en my lewe dan so reel. Dis tyd dat sy maar haar zol op n eiland ver van SA moet gaan lek en rol.

Kobus ·

wys net weer CR is nie in/aan beheer nie.Hy mompel met ‘n hartseer gesig ‘n paar woorde wat niksseggend is en die agbare me Zuma beslut later.Was by SAPD om ‘n permit te reel,die sers weet te vertel dat ons nie CR moet luister nie maar wel na Dlamini-Zuma!

Oompievis ·

Iemand sal vir Dlamini Zuma moet verwittig dat sy nie die president is nie. Ongelukkig is ons president nie die een wat dit wil doen nie.
Waar is die oposisie partye kan hulle nie die vrou op haar plek sit nie?

DieKriek ·

Ek dink hulle het per ongeluk die apartheidstelsel, wat hulle steeds so haat, se regeringsstruktuur ingestel. Daar was die President net n figuurhoof, terwyl die Eerste Minister, of nou die adjunk, die werklike mag gehad het.

Anel ·

Ek klim in my motor en gaan winkel toe. Nou mag ek seker goed nie koop nie. Nou moet ek van iewers ‘n rekenaar kry, met data en kyk waar ek my produkte kan kry, as ek gelukkig is. Omdat ek redelik dom is met tegnologie sukjel ek heeldag. Uit eindelik sien ek wat ek benodig, maar nie presies nie en omtrent dubbel die prys van die winkel, want onthou, dis aanlyn. En afleweringskoste! Ek kon 3 van die items met daardie prys gekoop het! En ek moet ten minste 2,3 wag. Asseblief, wie kan dit vandag bekistig. Ek klim in my motor en gaan koop wat ek NOU nodig het, NOU. Wat is die doel dan daarvan ander? Verder kos dit my ‘n fraksie van wat Patel wil hê ek moet betaal en ek kan keuse maak.
Aan due eenkant het ons Pater se moslem reëls, sigarette, drank, klere met toestemmung van NDZ, en aan die anderkant komunistiese idiologie toegepas deur regering. LIG DIE INPERKINGS DAT INS SELF KAN BESLUIT IF INS AAN DIE VIRUS OF HONGERSNOOD WIL STERF! DIT IS DEMOKRASIE!!

Hans ·

Hy bly nonsense praat, watter armer en informele handelaars gaan e-handel gebruik. Hul het nie eers toegang tot koeriers nie en dis duur om goed te versend! Dit blyk hoe langer jy in die ANC is hoe meer irrasioneel word jy.

Cabytheron ·

Die derde paragraaf laat dit klink of Patel se liggie aangegaan het! Huh?? Hy het besef hoe belaglik hy homself gemaak het! Dit is tyd dat iemand vir Nkosazana ook op haar plek sit ….. en goed ook. Praat sy in haar slaap, met oop oë? Dit lyk so. Klomp deurmekaar drommels.

Die Wolf ·

Ek daag EP uit om vir ons te demonstreer hoe die kleredrag gedra moet word. Sien veral uit na sy dra van die kortbroek en swartnet sykouse.

Tienie ·

Ek stem Wolf.

Ek is n Protestant.

Ek sal nie sy wit langbroek en wit rok dra nie.

Nou moet ek my mond hou

Ria ·

Hoe verveeld moet jy wees om sulke twak uit te dink. Ek sal dra wat ek wil. Nog iemand wat magsposisie misbruik. Ons is nie kinders nie, swaap

PH ·

So, ek moet winkel toe gaan my klere en skoene aanpas, huis-toe kom en dit aanlyn koop. Maak sin!

Anel ·

Die probleem is nou ook jy dat jy nie mag aanpas nie, en dat jy ook nie mag omruil nie.

Amanda ·

Ek gee nie om wie hierdie wetgewing deur gedruk het nie maar ek wil in daardie persoon se gesig skree dis n skande. Dit spreek van uiters swak smaak en ek dink nie Suid Afrika het al voorheen so n blatante vernedering verdra nie. Sal ons dit hierdie keer verdra??????

JohanR ·

Die lot ANC’s speel lekker speletjies. Daar sou twee hof sake gekom het om e-commerce oop te maak, soe dinge het vir Ebrahim Patel net te warm geword. Maar omdat “hy” dit nou oop gegooi het lyk hy nou soos die hero. Het lankal gese dat die samelewing, en politieke party moet nie eers vra of se, dat hulle hof toe gaan nie. Gaan le ‘n klag en gaan hof toe. Se maar in Engels “this must be one of the most disgusting minister in the ANC(amongst so many other disgusting ministers). Ramaphosa konsulteer nou oor Fase 3 en dit gaan hom twee weke neem, of het hy eers by Tannie Doek permissie gaan vra. Vat hulle hof toe!!!

MAGRIETHA ·

Dis al wat ek dra T Shirts kort broek en plakkies en so baie ander as regering wil he ek moet klere dra wat hul voorskryf is hul welkom om dit by my huisaf te lewer dankie , aanlyn koop so straf hul die armes wat nie die nodige implemente het om aanlyn te koop nie so straf hulle mense wat in klein dorpies woon wat nie al die tipe besighede het nie belaglik

Hennie ·

So hoe gaan hulle weet dat ek my t-hemp onder iets gaan aantrek? Dis ‘n lekker Kinderkrans dans die!

Riaan ·

Ek wil nog steeds weet wat was die rede van die begin af wat bepaal het online besighede mag nie sake doen nie. Dit maak logies geen sin nie.

Jakes ·

Dit is nie die kopdoek wat hierdie besluite maak nie,dit is nog steeds die stortkop en sy kindertjies. Sy moes nooit toegelaat gewees het om n ministers pos te kry nie.

Ansie ·

Hy moet nou sy voorskrifte ten opsigte van die klere wat mens kan koop ook terugtrek. Dis totaal geklik en toon ‘n skreiende gebrek aan logika. As mens reeds in die winkel is om wintersklere te koop, waarom nie dan maar koop wat jy wil koop nie. Ons is volwassenes, nie kleuters nie. Dis so goed of jy sê vir die mense hulle mag koffie, warmsjokolade en tee koop, maar nie koeldrank nie.

Sarel ·

My probleem is dat ons as Burgers kan nie vrae vra en antwoorde verwag. Ons verlaat ons op Opposissie Partye en die Media wat ool nie vir pns antwoorde het nie. So waarheen moet ons gaan vir antwoorde.

Tienie ·

Die “aanlyn ding” werk nie vir my nie.

Jy kan nie met die ding redeneer nie en as jy uiteindelik by iets of iemand kom wat jou moet help is daar altyd die een of ander onnosel verskoning waarmee hulle my probeer bull…….. want “hulle” dink mos dat n mens onnosel is as jy nie met die rekenaar goed oor die weg kom nie.

Ek koop ook nie sommer n ding wat ek onder my oë gehad het nie. So. Dit sal gladnie vir my werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.