Uitlanders met ongeslypte diamant betrap

(Foto verskaf deur die Valke)

Drie uitlanders, insluitend ʼn polisiebeampte, is Maandag deur die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, in Mahikeng in Noordwes in hegtenis geneem. “Die groep wou ʼn ongeslypte diamant verkoop en sou ʼn deposito van R20 000 aanvaar. Hulle wou die diamant vir R100 000 verkoop,” sê kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Hulle is tydens ʼn geheime operasie deur die Valke betrap. Die diamant en die voertuig wat hulle in die misdaad gebruik het, is gekonfiskeer.

Die groep het Dinsdag in die Mmabatho-landdroshof verskyn waar aanklagte teen twee van die verdagtes laat vaar is. Die polisiebeampte staan steeds tereg op die aanklagte en sal Woensdag weer in die hof verskyn vir regsverteenwoordiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

Die polisie is ook orals betrokke behalwe misdaadvoorkoming.

LANA is ELANè ·

Die byvoordele om ñ SAPD lid te wees is baie aanloklik vir menigte rekrute wat aansoek doen tot die diens, danksy die patetiese keuring wat gevolg word vir indiensname. So reg in die kraal van ñ korrupte regering.

annie ·

Hoeveel onwettige uitlanders woon in SA? Selfs sg burgers wat op onwettige wyse die land binnegesluip het en ID’s bekom het, beloop miljoene. Baie beklee selfs hogere ampte. Langnaweke en vakansietye vloei die helfte van SA se bevolking oor die grense plus massiewe pakarasies… Te lekker!

Marcello ·

Dit is nie net in die SAPD waar daar patetiese keuring volg nie, by groot maatskappye ook. Weet van ‘n geval waar die persoon aangestel is om met o.a geld te wek, maar sy was ontslaan by haar vorige werkgewer a.g.v. geld diefstal. Want hierdie mense word aangestel om die rasseteikens te regverdig.

Katinka ·

Te Lekker in Suid Afrika. Life is good, Al is jy ‘n immigrant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.