Uitvoering van landelike veiligheidsplan nóú nodig

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

Nog nooit was dit so duidelik soos juis nou nie dat die uitvoering van die landelike veiligheidsplan die sleutel is tot die bekamping van misdaad in landelike gebiede.

Die jongste misdaadsyfers wys weer eens dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is en dat daar geen aanduiding is van die SAPD se plan om iets daaromtrent te doen nie, sê Hugo Pretorius, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee.

“Die feit dat vergaderings vir die streke rakende die landelike veiligheidsplan tans op ʼn streep uitgestel word met geen aanduiding van wanneer dit gaan plaasvind nie, is uiters kommerwekkend. Dit is nodig dat die plan wat stof vergader in sekere streke lewe moet kry. Maar ná die beraad in Parys vroeër vanjaar waar daar baie gepraat en groot beloftes gemaak is, is daar sedertdien ʼn dawerende stilte van die persone wat verantwoordelik is.”

Dit is duidelik dat basiese polisiëring op grondvlak ver te kort skiet met die verhoogde misdaadsyfers wat ʼn duidelike bewys is dat daar ernstige interne bestuursprobleme en ʼn onvermoë is om misdaad hok te slaan.

Die SAPD sit met probleme soos ʼn ernstige tekort aan voertuie en toerusting. Dit is egter net deel van die probleem.

“ʼn Mens kry soms die indruk die wil om hul werk te doen, ontbreek. In die gevalle waar Jan Alleman nog sake aanmeld, moet hulle telkemale dit dubbeld doen of later hoor die dossier is onvolledig of selfs net weg. Dit maak ʼn reeds mismoedige persoon net nog meer mismoedig.”

Pretorius het daarna verwys dat lede van die publiek al hoe meer op hulself aangewese is om aandag aan veiligheid te gee.

“Boere veral wend hulle tot die privaatsektor en ander alternatiewe veiligheidstoerusting. Die koste hieraan verbonde is soms astronomies en nie almal kan altyd die geld bybring nie.

“Ons moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie veiligheid. Ook die van ons families en die persone wat vir ons werk. Lankal kan ʼn mens nie meer op die SAPD staatmaak nie. Dit is die realiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lillian ·

Ag asseblief, hoekom is die kommando’s ontbind? Dit was die grootste fout, want kommando’s het gehelp om misdaad te bekamp omdat lede opgeroep is om dienste te verrig waar nodig. Die polisie is te treurig om hul werk na behore uit te voer, en buiten dit is meeste van hul bang hul gaan dood aan diens.

Gert ·

Dit was nie ‘n fout nie. Dit was die regering se plan van die begin af!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die kommando’s was deel van die SAW. Wie wil nou deel wees van die SANDF?

OW ·

Die Kommando’s is ontbind omdat die huidige ANC regering alle bestuurstrukture op alle vlakke van regering eenvoudig afgeskaf het.Daar word nie geglo aan toesighouding en om mense se werk na te gaan nie.Dit lyk vir my na ‘n kultuur eienskap wat nie net mee weggedoen sal word nie.Na mening een van die kern beginsels,hoekom staatsbestuur so verval het,tot die huidige toestande.

Republikein in die Wes Kaap ·

Boere moet hul eie veiligheids diens stig vir beskerming en misdaadondersoek. Dit sal duur wees, maar onnodige luukse uitgawes kan gesny word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Louis, jy het baie vertroue in die ANC. Na bykans 29 jaar sal niks verander nie.

gatgogga ·

Maar die ANC het dan destyds die Kommando-stelsel ontbind. Waarvan praat ons nou?

Catherina ·

Al wat ons wil wees, is veilig en gelukkig soos in ou dae. Ons lewe in vrees en vertrou niemand meer nie

H.A. ·

Begin optogte hou en vernietig, brand, beskadig alles. Dit is al wat sal werk in die land.

Waarnemer ·

Cele het gese”skiet om dood te skiet” nou ja boere,maak so.Dif is mos n duidelik oodrag vanuit die minister van polisie se mond….

Grassie ·

Ek stem saam met wat in die berig staan maar ons moet onthou dat witmense nie net op plase aangeval word nie maar net so veel in dorpsgebiede. Dorpsmense sal moet selfbeskermingsgroepe in hul woonbuurte tot stand bring en behoorlik moet administreer met die beginsel “vat aan een van ons dan vat jy aan almal”. Ek weet dit word so hier en daar gedoen maar nie naastenby genoeg nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek stem. Boere en dorpenaars in die distrik moet saamwerk.

Anel ·

Kyk, vir die meeste wat vandag by die sdpd aansluit is dit nog ‘n werk. Hulle doen aansoek by 100de plekke dan kyk hulle waar kry hulle eerst antwoord. En die een wat die meeste geld aanbied vir die minste werk, daardie werk vat hulle. Dan gaan dit vir ‘n ruk goed, dan soek hulle weer ander werk. Kyk maar, dit is so. Hoevel van hulle het nie vuurwapenbevoegdheid nie, nie bestuurslisensies nie, kan nue eens gul eie taal behoorlik besig nie, vergeet van engels. Is bang om met ‘n vuurwdpen te werk! Maar hy ontneem goeie blankes wat ‘n passie vir die werk het, ‘n posisie, net oor sy velkleur. So, ons moet na ons self kyk maar. Baie hartseer en tragies. Maar dit is hoe dit is!!!

Surfer ·

Gebruik enige media platform om die stelling tussen ons “minderes” te versprei, dis baie belangrik. Wees paraat, wees gereed, wees gewapen as jy kan, werk saam, staan saam, ondersteun mekaar en beveg geweld met geweld, anders gaan ons tweede kom, feite. / “Ons moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie veiligheid. Ook die van ons families en die persone wat vir ons werk. Lankal kan ʼn mens nie meer op die SAPD staatmaak nie. Dit is die realiteit.”

André ·

Daar gaan, binnekort, ‘n tyd kom waar ons dit alles self moet doen. Privaat besighede en persone sal die dienste van die staat moet oorneem. Die ANC kan nie eens na hulle eie stemmer kyk nie, wat nog van die minderheids groepe. Een drag maak mag

Watsenaam ·

Gewone lede van die publiek sluit by hul plaaslike beskemings eenhede aan wat die werk van die polisie doen. As ons die boere steun om dit ook te doen, sal dit miskien werk. Sulke beskermings eenhede het spesiaale toerusting soos “drones”veld voertuie ens nodig om hulle werk behoorlik te kan doen. NOU, as ons publiek en die boere uitgelewer is om onself te beskerm moet ons daarop aandring op belasting verlaging. Ons moet dan ook aandring (DEMAND) dat werklike kundiges die leierskap van hierdie veiligheids beskermings dienste, wat on afhanklik van die regering is, wettiglik oorneem en dat daar aandag gegee word dat daar n regstelsel (howe) aangestel word wat net met die tiepe oortredings werk. Want dit lyk of cele en sy trawante bang vir weerwraak, ongeletterd is, en nie hulle pligte teenoor die mense van SA verstaan nie.

Chris dupreez ·

Die SAPD moet ontbind word, en privaat veiligheids maatskappye moet maar die rolle oorneem. Maw.die SAPD moet geprivatiseer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.