uMhlanga-strande weer gesluit

Argieffoto bloot ter illustrasie van Umhlanga. (Foto verskaf deur Seeff)

Twee strande in uMhlanga in Durban is verlede week oopgestel net om vandeesweek opnuut gesluit te word weens verhoogde vlakke van die bakterie E. Coli.

Die eThekwini-metro word nou daarvan beskuldig dat hy voortydig opgetree het toe hy die uMhlanga-hoofstrand en Bronzestrand oopgestel het; vermoedelik met die oog op die komende feestyd.

Die strande is op 1 Desember oopgestel. Die uitslae van watermonsters wat op 1 en 3 Desember geneem is, wys egter nou weer op verhoogde vlakke van E. Coli.

Nicole Bollman, ʼn plaaslike raadslid, sê die probleem is dat die watermonsters wat aanvanklik verlaagde vlakke getoon het, meer as ’n week voor die opening van die strande geneem is. Teen daardie tyd het die bakterievlakke egter weer gestyg.

Bollman sê daar is sedert April ʼn deurlopende vloei van rioolvuil in die Ohlangeriviermond. Die riviermond was tot onlangs nog toe voordat reën voorverlede naweek die riviermond oopgespoel en “allerhande soort gemors die see ingestoot het”.

Bollman sê die munisipaliteit moes voorsien het dat die riviermond moontlik kon oopspoel. Hy moes moes ook voorsien dat die vlakke binne dae beduidend kon verskil.

“Al hierdie elemente moet in ag geneem word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leon ·

Selfs die SEE kan homself nie rynig van dit wat elke sekonde in hom in gepomp word nie , en die beslaan twee derdes van die aarde , so as die groot See homself nie kan red nie is daar niks wat dit ooit weer sal kan red nie en dit met twee maande se vakansie by die See wat voorle , die haaie op Plett is ook besig om te trek want die water van Durban is nou al daar ????????????

Watsenaam ·

Waar is die raadslid nar wat nou die dag op uitdaging in die see geswem het en verklaar het dit is veilig?

SwartBees ·

n Raadslid wat wys die water is ‘skoon’. Hahahahaha!

Kokerboom ·

En Dlamini Zuma en CR skitter in hul kommentaar!Die ANC stootskraper van verwoesting stoomroller voort!

whatever ·

Wag tot nuwejaarsdag dan baljaar almal in die water – bollie of te not

Sean ·

En hulle worry oor global warming!!!!!! Hulle weet nie waartoe die suid afrika regering in staat is nie

Roek ·

Baie slegte nuus , eerder dit as wat daar in die pers gewys of ander platforms gewys word hoe die mense tussen die” floating trofees” swem en baljaar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.