Unisa-studente, dosente moet dalk Afrikataal leer

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) wil hê dat personeel en studente aan dié universiteit ten minste een Afrikataal moet kan praat. Unisa se bestuur het die afgelope week ʼn dokument uitgereik wat lui dat alle personeel en studente aan dié inrigting ten minste een Afrikataal moet aanleer. Die universiteit beskou nie Afrikaans as ʼn Afrikataal nie.

Luidens dié dokument beoog die universiteit om “kognitiewe geregtigheid te herstel deur middel van taaltransformasie” deur die taalwerwing van Afrikatale aan te moedig. Die universiteit wil dié strategie instel deur ʼn module saam te stel waar studente basiese kommunikasievaardighede in drie Afrikatale, naamlik Nguni, Sesotho en Xitsonga of Tshivenda, sal verwerf. Die studente moet dan een van dié tale kies om aan te leer.

Die dokument verwys ook daarna dat dié module gebruik kan word as ʼn prototipe om so die oorblywende amptelike Afrikatale aan studente vir taalwerwing beskikbaar te stel.

Die universiteit beoog om oor drie jaar al die amptelike Afrikatale aanlyn beskikbaar te stel vir meertalige kommunikasie in die universiteitsmilieu.

AfriForum Jeug vra nou dat die universiteit van dié plan afsien of dan ten minste Afrikaans by die lys van Afrikatale voeg.

AfriForum veg al jare teen die instelling van ʼn eentalige Engelse taalbeleid by Unisa. Die appèlsaak teen die uitsluiting van Afrikaans as amptelike taal van onderrig aan dié universiteit is in November 2019 aangehoor en uitspraak is voorbehou. Volgens Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug, is die feit dat Unisa nou met ingrypende taalaanpassings vorendag kom, uiters voortydig.

“Dit sou sin maak om vir die uitspraak te wag en dan nuwe vereistes aan die personeel en studente te stel, maar ten minste gee Unisa nou toe dat sy argumente in die hofsaak oor die onnodigheid en die koste van veeltalige onderrig en kommunikasie verkeerd was,” sê Pieters.

Pieters sê hulle is ook bekommerd dat die besluit van Unisa verwarring en onsekerheid onder personeel kan skep rakende hul toekoms by dié instelling, indien hulle sou besluit om nie ʼn Afrikataal soos deur Unisa voorgeskryf aan te leer nie.

Pieters sê AfriForum en AfriForum Jeug wil toesien dat die taalregte van die sowat 90% Suid-Afrikaners vir wie Engels nie ʼn moedertaal is nie, in ag geneem en beskerm sal word. “Die aankondiging van Unisa is wel ʼn stap in dié rigting, maar dan moet Afrikaans ook ingesluit word.”

Unisa het nie reageer op verdere navrae oor dié dokument nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Rodger17 ·

Hoe pateties kan hierdie anc regering nog wees!Elke mense kan leer wat hy/sy wil,nie wat die ertjiebreine wil hê hul moet leer nie.Ek stel geensins belang om n swart taal te praat nie,ek is wit en Dis my reg om te praat wat ek wil!Laat unisa maar hul swart boeties try leer.Laat wittes by akademia gaan leer!

Barbi ·

Stem!! Danvis daar nog ‘n mislukking op hul kerfstok!! Sonder irdentlike dosente sal unisa gou verval tot ‘n agterlike “instansie” Akademia gaan muntslaan hieruit!!

JohanR ·

Moet altyd krap waar dit nie jeuk nie! Sou dink dat Mandarin nou eerste taal is om te leer. Gaan seker moeilik wees om met al die miljoene Chinese wat die land gaan inval, Afrikaans te praat?

Frederik C ·

MM plaas as ‘n reël nie my kommentaar nie.

Lees dit dan maar self. Die idee is dus dat geen blanke dosent of student meer daar welkom is nie.

PH ·

Afrikaans is nie ‘n taal nie? Maw as ek iemand vloek in Afrikaans, is dit nie ‘n vloekwoord nie. Dis sommer ‘n geluid wat niks beteken nie wat uit my mond kom.

Barbi ·

Wel dis nou v jou ‘n ding!! Ons moet dit toets in die howe!!! Toemaar slim vang sy baas!! Dan gan hul seker kubane if zimbabwers kry as dosente!!! En een vd dar is SA net wildernis!!!

Anel ·

Wat van buitelanders wat by UNISA studeer? Hoekom moet hulle afrikataal leer as hulle nooit Afrika toe gaan kom nie? So jaag nog ‘n instelling buitelanders weg.

PH ·

Sjinese sukkel met die “rrrrr”in Afrikaans.
As hulle sê “Goeie môre ” dan klink dit “Goeie môlelele.”☺

Fedup ·

I don’t get it.
Afrikaans is the white and coloured populations mother tongue.
Okay English is not really south african, but we did pop up eventually.
To get to my point. Why do the circus use English, which i cannot understand once they open their traps, but universities and schools cannot?
They cannot force one language out and others in.
Only idiots think like that, which is my point.

Elsa ·

Correct. If they force it out, it’s also unconstitutional.

PH ·

Ek ken iemand wat onlangs geswot het by UNISA. Ek is nie seker ok ek wil sien dat Afrikaans ge-assosieer moet word met daardie instelling nie.

Danie ·

Ek sal nie eens n kind stuur na hulle as hulle teen Afrikaans is. Afrikaans is n taal soos enige ander swart taal geregtig daarop om gepraat en onderrig in gegee word. Net soos ons kamtige indringers is net so is die swart volk want hulle kom uit die noorde en weste van Afrika die enigste volk wat hier kan aanspraak maak dat sy taal aangeleer moet word is die koisan en hulle alleen is die regmatige volk wat kan se hierdie is ons land. Ek is hier gebore en ken geen ander land al kom my oupa grootjie se oupa uit europa is afrikaans my taal en bly my taal en het ek nie nodig om n afrika taal te leer nie. As jy nie met my wil praat nie is dit fine want ek stel nie belang om met jou te praat nie.

Elsa ·

So ver ek kan kan onthou, was dit die Afrikaans sprekende wat die umiversiteit gebou het..

As Afrikaans nie erken word nie, moet dit afgebrand od verwyder word?

lodewyk ·

Dis hoekom Akedemia nou ten volle moet ondersteun word ,albei finansieel en met onderig,laat ons dan in net Afrikaans onderig ontvang

Jaco ·

Sodra Akademia se jaarlikse finansiële omset ‘n sekere bedrag oorskry en sodra Akademia se getal personeellede ‘n sekere aantal oorskry, MOET Akademia regstellende aksie en BEE toepas. So dis net ‘n kwessie van tyd, dan is Akademia maar net soos UNISA

Trotse Boervrou ·

Stem Lodewyk. Ons hou duim vas vir alle studierigtings wat Akademia kan aanbied. Hoop dit is ‘n spoedige werklikheid. Wil nie my kind, wat na die berig Unisa vaarwel toegeroep het, se mening hieroor uiter nie. Hulle verdien nie ‘n sent verder uit hom nie. Ons geld is goed genoeg maar nie ons taal nie. Ons sal lewe en sterwe vir ons identieit, vir ons land, ons volk en ons taal.

Chris ·

Ek is jammer maar ek sal nie van n rassistiese oranisasie gebruik maak nie. So jammer dat Unisa ook onder hierdie rassistiese stories moet deurloop.

marius ·

Maklik , al wat jy hoef te uiter is Eish ! dan vang jy graad….

Blikkantien ·

Volgende is, die leerplanne word gedekolonialiseer.
Afrikaans is die taal wat hier ontstaan het. Dit het net soveel aanspraak op erkenning as enige ander taal

Minion ·

Nou HOE is Afrikaans nie ‘n Afrika taal nie… wonder waar in die wêreld het dit dan ontstaan???? Liewe Hemel.. dis belaglik..

Jack ·

Dit is ons taal ontwikkel deur ons en dit sal goed wees as dit ons sin bly. Uit die mond van n afrikaan klink dit maar net nie reg nie.

J ·

Daar is meer as 1500 Afrika tale … waarvan baie in Suid Afrika gepraat word deur ‘inkommers’!

Dit bevoordeel sprekers van die 1500 Afrika tale bó Afrikaans sprekers by die aanstelling van personeel?

Hoewel die hele wêreld Afrikaans as Afrikataal beskou het die paar rassiste by UNISA anders besluit. Onwetend assosieer hulle Afrikaans met WITMENSE terwyl die meerderheid sprekers van Afrikaans NIE -WIT is.

Daardie paar RASSISTE by UNISA moet wêreldwyd gelys word sodat hulle ge-isoleer en vervolg kan word.

Isabella ·

Laat hul doen wat hul wil ek sal di taal elke keer druip so hul kan hul afrika taal mar bring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.