UV-dosent se ‘rassistiese uitlatings’ openbaar gemaak  

Dr. Pedro Mzileni (Foto: @PedroMzileni/X/Twitter)

AfriForum Jeug het ʼn klankopname beskikbaar gemaak van die “rassistiese uitlatings” van dr. Pedro Mzileni, dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Dit volg nadat die jeugorganisasie in Augustus ʼn klag van rassisme teen dié UV-dosent by die Menseregtekommissie (MRK), asook by die UV, ingedien het.

In dié video kan gehoor word hoe Mzileni stellings kwytraak soos: “The children of white people today, employing your children and subjecting them to animal treatment,” tydens ʼn lesing op 25 Julie.

Nog voorbeelde van sy uitlatings lui: “No other people are subjected to cruelty like black South Africans,” en “South African white people are chilling on the back of you. You are suffering… You are not the same.”

Die UV het AfriForum Jeug se regspan op 10 Oktober in kennis gestel dat hulle binnekort die ondersoek na die klag van Mzileni se rassisme gaan finaliseer. Die MRK is nog besig met sy ondersoek nadat hy op 20 September bevestig het dat hy die saak gaan ondersoek.

“Kovsie-studente het na ons toe uitgereik vir hulp nadat Mzileni se rassistiese uitlatings in die klas hulle baie ongemaklik en onveilig laat voel het,” het René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug, gesê.

“AfriForum Jeug het dadelik stappe gedoen omdat ideologies-verwronge en rassistiese inhoud nooit op ons kampusse toegelaat mag word nie. Hierdie video, wat die skokkendste rassistiese uitlatings van Mzileni uitlig, is nodig omdat die publiek saam standpunt moet inneem oor gevolge vir ʼn dosent wat homself skuldig maak aan rassisme.”

Die jeugorganisasie meen dat die publiek, en in besonder die ouers van UV-studente, bewus moet wees van die onaanvaarbare inhoud wat in sommige van die klasse by dié universiteit aangebied word.

Mzileni het vroeër gesê die bewerings wat teen hom gemaak is, is onwaar en geen lektor behoort so vervolg te word omdat hy bloot sy pligte nakom nie.

Mzileni het op 25 Julie LLB-tweedejaarstudente van Suid-Afrikaanse inheemse reg aan die UV toegespreek oor die tema kolonialiteit, sosiale geregtigheid en konstitusionalisme.

Mzileni meen sy woorde is verdraai en het dit ten doel om hom as akademikus sowel as die onderrig van dekolonisering, geskiedenis en sosiologie as dissiplines stil te maak.

“Ek leer my studente hierdie dinge omdat ek eintlik lief is vir almal van hulle in hul verskillende rasse en nasionaliteite – en ek wil hê hulle moet grootword om veerkragtige en kundige volwasse burgers te word wat produktiewe bydraes tot die groei en ontwikkeling van hierdie land sal lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Piet Snot ·

Hierdie uitlatings het my glad nie ongemaklik gelaat nie.
Dis eers toe ek dít besef, dat ek skrik – dié sêgoed het al vir ons normaal geword.

Jakes ·

Hierdie sogenaamde doktor is n verleentheid vir die opvoeding van studente. Hoop die MRK doen vir n slag hulle werk en dat hierdie nar aangekla word.

Delia ·

My gebed vir SA…ag Here, kan ons nie asb maar net in Vrede saamleef nie.

Andre ·

Hy’s maar net ‘n pion ,soos wat onse Julius ‘n pion is.
Die skaakmeesters se hande bly skoon.

Suzette ·

Dit is om van naar te word – ek hoop regtig dat ernstige stappe teen hom geneem word. Ek is bly die studente het dit vir Afriforum deurgegee.
As dit nou ‘n blanke dosent was, was daar summiere skorsing en waarskynlik tronkstraf – binne dae.

Aai ·

Hulle is ‘n gevaar vir hulself as hulle luister na dit en dit glo weet daai prof as jy hom dit kan noem dat die geleerde persoon wil niks van jou of die ANC weet.Julle wil nie julle mense leer want sodra hulle geleerd is draai hulle ,hulle rue op die ANC vir ‘n beter lewe.

skurweberg ·

TOETSSAAK IS DIE ENIGSTE UITWEG. SY BEWERINGS MOET BEWYS WORD.

JohanR ·

UV is nou rerig deur die kommuniste oor geneem! Is die ou rerig ‘n dosent (assistant professor, senior lecturer?) As hy gaan klas gee en mense/studente beinvloed miskien moet hy uit die politiek bly.

Prikkie ·

Komaan Prof Francis Petersen, u is mos die Visie-kansellier van die UV. Sit die man op sy plek. U wil tog sekerlik nie dat dit die beeld is wat van die UV na buite gedra word nie?

Net-my-opinie ·

Hulle sal altyd “arm” wees en ñ struggle-mentaliteit hê. Hulle sal ook nooit vooruit in die lewe kom nie, aangesien hulle die heeltyd terug-gryp na die verlede en bly beskuldig en beledig. Ek dink nounet daaraan dat hy wel enige tyd in my tuin kan kom werk.

Pieterbusa ·

Ai tog. Lekker gelag nou. Dankie Maroela. Ek sal hom nie eers in my tuin laat werk nie. Hy kan maar sy “struggle” op ‘n ander plek gaan doen. Hulle klou vas aan ‘n “struggle” wat lankal verby is.

madels ·

Ek is diep geskok om.hierdie te luister.. amper elke sinnetjie was so boos en rasisties dis om van naar te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.