Vakbond terug hof toe oor Denel-salarisse

Die hof hoor vakbonde se saak teen Denel aan. (Foto: Verskaf)

Die vakbond Uasa gaan hom wéér tot die hof wend om die wapenvervaardiger Denel te dwing om uitstaande salarisse vir Mei, Junie en Julie te betaal. Dít nadat Denel aangedui het dat hy nié by ʼn vroeëre hofbeslissing kan hou om werkers se uitstaande salarisse teen die einde van verlede week te betaal nie.

Die arbeidshof het verlede week beslis dat Denel die uitstaande salarisse wat hy werkers vir Mei, Junie en Julie skuld teen verlede Vrydag moes betaal.

“Ons kliënt versoek dat julle kliënte ʼn toegewing maak om hulle in staat te stel om aan maatreëls te werk om geld in te samel,” lui die brief wat Denel Vrydag aan vakbonde gestuur het. Denel het ook onderneem om teen einde vandeesweek ʼn bywerking in dié verband te gee.

Nou sleep Uasa Denel weer hof toe vir minagting van die hof. “Ons pleit by die regering as die enigste aandeelhouer in hierdie staatsinstelling om dringend in te gryp en ʼn oplossing te vind vir die likwiditeitskrisis, ten einde te verseker dat ons lede hulle volle uitstaande salarisse, asook enige toekomstige salarisse, ontvang,” lui ʼn verklaring deur die vakbond.

Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit, het ook Vrydag gesê hy sal nie huiwer om nóg ʼn hofbevel teen Denel te kry indien hulle nie betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Die ANC maak net wat hulle wil hulle steur hulle nie aan n hof nie want hulle weet hulle kom niks oor nie.

Sobymykoolkop ·

Dit maak nie vir uasa saak dat die BELASTINGBETALERS direk verantwoordelik gehou word om denel se salarisse te betaal nie. Daar is miljoene werkers wat in presies diselfde skuitjie is. Hulle weet al dat die regering (belastingbetaler ) met ń reddingsboei moet antwoord. Die geld is klaar weg

NEO ·

Tshwane werkers maak amok om agterstallige betaling te ontvang en hul kry hul sin sonder ‘n hofsaak. Denel werkers volg die korrekte pad en steeds steur die regering hulle nie aan die hof bevel nie. Dit wil voorkom of choas die regte pad is om die ANC te kry om iets te doen.

Werner ·

Kom ons vat die parlimentslede se salarisse karre huise en luukshede laat hulle aanhou werk en dan kyk ons hoe voel hulle

Jack ·

Hierdie situasie met Denel is een groot gemors. Denel is bankrot. Die ANC regering is bankrot. Werkers wat nou al vir 3 maande nie salaris ontvang nie eis dat dit nou dadelik uitbetaal moet word. Met watter geld? (Sien reels een en twee)

Myns insiens moet Denel se werkers aansoek doen dat die ANC bakrot verklaar word, al sy eiendome gekonfiskeer word (sonder vergoeding natuurlik) dan vendusie gehou word en gelde wat dan gein is gebruik word om Denel se werkers te betaal.

Dit gaan nie help om op ‘n ashoop te staan en kraai: “betaal nou dadelik” as die gel d op is nie.

marius ·

Hulle hou die belasting betaler gyselaar ! Hou op agteroor buig en kry klaar met die spul .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.