Valke slaan toe op daggalab in Kaapse rykmansbuurt

Van die toerusting wat by die laboratorium gekry is.

Die Valke in die Wes-Kaap het in die rykmansbuurt Constantia toegeslaan op ʼn onwettige daggalaboratorium.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê die Valke het saam met lede van die misdaadintelligensie-eenheid gewerk en Maandag ʼn klopjag by die private huis uitgevoer.

Die polisie het beslag gelê op cannabis-olie, daggaplante en -sade, asook toerusting en chemikalieë om ekstrakte te maak.

“Daar is beslag gelê op rekenaars en laboratoriumtoerusting van R180 000, sowel as kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” het Nkwalase gesê.

Hy het gesê niemand is tydens die klopjag aangekeer nie, maar ʼn inhegtenisneming is op hande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Essie ·

Nou verstaan ek nie dagga is dan gewettig so hoekom mense vervolg

Wondermaarnet ·

Wil ek ook weet. Waar is bewys dat daar handel gedryf is daarmee?

Help ·

Ek het ook gedink dagga is wetig. Maar het gaan oplees. Die konstionele hof het wel bevind dat dagga gewetig word en die wetgewing terug verwys na die parlement om te wyssig in 2 jaar. Die parlement het kans tot 2020 Sept om die wetgewing te wysig. So da is baie wetgewing wat moet by kom voordat die nuwe wet gewysig kan word so nie hou dit baie gevaar in. Bv as dokter n brief gee vir persoonlikke gebruik kan jy dagga gebruik. Wat sal die gevolge wees as die persoon n trok sou ry of hy werk masjiene. Dit kan sy vermoe om reguit te dink of te handel belemmer. So volgens berig sal wetgewing gewysig word maar met baie strick wetgewing by dit.

p ·

ook weer dubbelstandaarde sien ek in Brits NW is daar ook n winkel wat dit verkoop met n dagga blaar as advirtensie en daar gebuer niks ek is dom kan iemand my help dis dan wettig hoe nou ???

Lolla ·

1) die winkel het ‘n wettige lisensie daarvoor bekom
2) Die laboratorium is onwettig hulle het nie ‘n lisensie vir dit nie.
3) Jy kan ook nie sakke vol dagga by hou hê nie, dit is ook onwettig!
Gaan lees mooi wat die wet einlik vereis.

ProotGraat ·

Ai die onkunde darem. Dagga is gewettig slegs vir privaatgebruik tuis. Wat is so moeilik om te verstaan?

fish ·

Dit is ook hoe ek dit verstaan maar die wet se gladnie hoeveel jy by jou huis mag he nie so wat nou?

Skerpioen ·

As ek nou my eie dagga plantjies kweek in my huis en vir al die mense in my huis en ons wil die olie gebruik, dan mag ek seker maar my eie lab hê vir my eie olie. Ek maak ook lekker jam van my appelkose wat ek van my eie bome in my eie erf pluk en daarvoor het ek ook n kastrol net vir konfyt kook.

marous ·

As jy nie ‘n permit het nie , is dit onwettig . Die regter wat sy opinie uitgespreek het , het geen bevoegdheid om wetgewing te skep of te wysig nie . Niks het verander nie .

se net ·

Olie, maw medisinaal. Agh rerig gaan vang eerder n paar bendelede wat ander se veiligheid bedreig. Daai olie maak ander gesond.

Marinda vd Merwe ·

Jag asseblief eerder die moordenaars en verkragters!!!!!

Sarel ·

Ek like ek like. Baie moorde en verkragyingd en roof misdaad vind plaas a.g.v. Dwelm misbruik insluitende Dagga.

DeVill ·

Plaas die valke spits hulle toe om die bende base te vang, nou gaan hulle agter mense aan wat plante verbou?!

Pieter ·

Om by te voeg. CBD olie kan jou nie op n high sit nie. Dit is die THC in die dagga wat dit doen. Jy kan nie overdose op CBD olie nie.
Daar is vele en vele voordele van CBD olie.

KaterinaKat ·

Hier is die hart van die saak, mense: Dis n PLANT wat natuurlik op aarde groei. Waarvan die olie verskriklik baie help vir n klomp gesondheid probleme. Dan kyk ons na die biljoene wat elke jaar gemaak word deur “Big Pharma”. The global pharmaceutical giants. Dink julle nou regtig hulle sal grootskaalse kompetisie duld deur n goedkoop olie van n plant? Onthou dat hierdie planeet soos n Monopoly spel gespeel word deur die super rykes aan wie die mega maatskappye en konglomerate behoort. Hierdie bose mense maak hulle biljoene uit die lyding van die massas, die gewone mense soos ons. En hulle beinvloed regerings en wetgewing tot hul eie voordeel, deur finansiele druk en/of omkopery.

Sarel ·

Katerinakat ek het ook die hele ding so uitredineer….daai manne is baie bang vir die gesondheids voordele wat dagga inhou.

Kobus ·

Julle het lyk my almal die kat aan die start bert. Dit is steeds onwettige handel in Dwelmverwante produkte wat duisende mense se lewens vernietig

KaterinaKat ·

Kobus, CBD olie vernietig geen lewens nie, inteendeel, dit het veelvuldige voordele om baie gesondheid probleme te verlig. Drank is dit wat lewens vernietig. Die lewe van die verbruiker en baiemaal ook sy/haar gesin, die slagoffers van padongelukke veroorsaak deur dronkbestuur, egskeidings, gesondheids probleme ens ens. Maar dis totaal en al wettig. So as die makers van CBD olie, wat Net voordelig en onskadelik is, vervolg word, maar alkohol wat n massiewe verwoester van lewens is, heeltemal wettig is – Dan laat ek my nie vertel die owerhede tree op in die beste belang van die nasie nie. Dink logies daaroor. If you hate humanity, you outlaw the things that help them, and legalise the things that destroy them.

Sarel ·

Julle ouens hier wat die mense so verdedig???? Hoeveel geweldadige misdaad, Moore,roof,verkragtings ens vind plaas a.g.v. Dwrlmmisbruik insluitende Dagga. Tipies kla as fie Polisie nie.optree nie en kla as die Polisie wel optree, besluit wat julle wil keuse is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.