Vyf munisipale beamptes van die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag dat hulle die wet op munisipale finansies oortree het. Die beamptes, almal tussen die ouderdom van 36 en 55, se inhegtenisneming vorm deel van die Valke se deurlopende ondersoek na korrupte aktiwiteite by munisipaliteite landswyd.
Hulle is Dinsdagoggend deur lede van se Valke se nasionale taakmag vir skoon oudits in hegtenis geneem. “Een van die verdagtes het na bewering ʼn hand daarin gehad dat die ander verdagtes deur die munisipaliteit aangestel word, wat daartoe gelei het dat die munisipaliteit benadeel is en ʼn verlies van meer as R1 miljoen gely het,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, Dinsdag gesê.
Die vyf het in die landdroshof op Welkom verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ons gaan met die spoed van witlig moet begin tronke bou vir al diè kaders
En die ANC nar soustrein stoom voort.
Die is nie eers die oortjies van die see koei nie
Klein vissies en die walrusse swem oop en bloot rond
Hulle werk te stadig. Daar is amper nie een skoon munisipaliteit nie!!