Van fase 3 na 2!

(Foto: Shutterstock)

Eskom het ’n kort rukkie gelede aangekondig dat fase 2-beurtkrag Sondag vanaf 16:00 tot Maandag 16:00 geïmplementeer sal word. Daar is voorheen bekendgemaak dat fase 3 gedurende dié tydperk sou geld.

Fase 4-beurtkrag geld dan vanaf Maandag 16:00 tot Dinsdag 05:00, gevolg deur fase 2 vanaf 05:00 tot 16:00.

Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.

Eskom sê verdere verbetering in opwekkingskapasiteit het hom in staat gestel om die beurtkragfase te verlaag.

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisiteit, het Sondag tydens ʼn mediakonferensie gesê eenheid 4 van die Kusile-kragstasie is ná beplande instandhouding vanoggend weer aanlyn gebring.

Ramokgopa het verduidelik dit beteken Eskom se opwekkingskapasiteit sal met 800 MW verhoog word, wat tot gevolg het dat beurtkrag met een fase verlaag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.