Veekoper vas twee jaar ná moord op jong Vrystaatse boer

Jaco Botha

Fredrick Pieter Jacobus Botha (42) het Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn in verband met die moord op Christian van Tonder (29).

Botha staan tereg op aanklagte van moord na Van Tonder, ʼn jong boer van Lindley in die Vrystaat, se liggaam op 29 November in die Barrage-omgewing in Gauteng gevind is. Botha word ook aangekla van veediefstal ten bedrae van R293 000.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Van Tonder 31 beeste aan Botha verkoop. “Nadat die beeste oorhandig is, het Botha glo aan Van Tonder gesê hulle moet in laasgenoemde se bakkie na ʼn afgeleë plek naby die Theoville-kleinhoewes ry om die betaling te finaliseer.”

Christian van Tonder (Foto: Facebook)

Botha het Van Tonder toe glo in sy bakkie doodgeskiet. Daar is later dieselfde dag op die jong boer se liggaam afgekom en die polisie is ontbied. Van Tonder was nog in sy bakkie en sy selfoon is op die toneel gevind.

Die polisie het destyds na die moord gesê Van Tonder het Botha vir ʼn sakevergadering in die omgewing ontmoet. Botha het aangevoer hy het Van Tonder ná 17:00 die laaste keer lewend gesien.

Botha is Dinsdag vir die moord in hegtenis geneem. Hy moet weer op 4 September in die hof verskyn wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Van Tonder, ʼn derde‑geslag-boer, het in die Oos-Vrystaat met Drakensberger-beeste geboer en het die boerdery ná sy pa, Colyn, se dood oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Karoo ·

Geen borgtog asb…. was reeds 2 jaar op vryvoet…. gedink dat die “ander” plaas moorde sy voetspore sal verdoesel. `n Jong boer se lewe geneem oor afguns en vir die liefde van Mamon.

Cherokee ·

Dit is waar die uitdrukking vandaan is ‘sluk jou eie woorde’.

Koen ·

Sulke mense is seker maar jou mense. Vir seker nie my mense nie. Steek jou ons mense waar dit saak maak.

Catherina ·

Bly hy is vasgetrek. Swaarste straf moet aan hom uitgedeel wees. Wat mens nie alles in die naam van geld doen nie..

Suzette ·

Bose Botha moet nie borgtog kry nie – kan maar in die tronk sit en verrot.

Mnr De Beer ·

Baie hartseer. Dit is een van baie redes wat my laat wonder of ons blanke Suid-Afrikaners werklik saamstaan.

Bolandse Nooi ·

“Saamstaan” … mens, mnr. De Beer, daardie woord bestaan nie vir die wit Suid-Afrikaner nie!!!

Ruby83 ·

Hierdie is tragies. Jaco Botha is ook die broer van Tharina Human die juffrou wat in 2019 vir Amy-Leigh by die skool in Vanderbijlpark ontvoer het Ek kry hulle ouers bitter jammer.

Niklaas ·

Tharina het 10 jaar tronkstraf gekry. Jaco mag dalks langer sit. Mag geregtigheid seëvier.

Sê maar net ·

Ai neeee! Daai arme ouers en res vd familie. Dis hartseer….

Sê maar net ·

Mag daar geregtigheid geskied vir hierdie jongman, wat so wreed uit die lewe geruk is.

Bolandse Nooi ·

Botha, mense soos jy, maak mens skaam om te sê dat jy wit is. Gierigheid, gulsigheid is die doodslag van die eerlike mens. SIES, SKAAM JOU!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.