Veiligheidswagte verdink van rooftog

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

Twee werknemers van ‘n bekende veiligheidsmaatskappy, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, sal Maandag in die Bethal-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van sakeroof.

“Volgens ons inligting was ʼn werknemer van Majuba King Petroleum Saterdag net voor 19:00 aan diens toe twee mans sy kantoor betree het,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Een van die mans het ʼn vuurwapen op hom gerig en hom gedwing om die kluis oop te maak. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.”

SAPD-lede van Bethal is na die toneel ontbied en ʼn voorlopige ondersoek het die identiteit van die slagoffers onthul. “Daar is bevind dat die verdagtes boonop hulle amptelike vuurwapens tydens die rooftog gebruik het.”

Die twee verdagtes is dadelik in hegtenis geneem.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het gesê niemand sal spesiale behandeling ontvang wanneer dit by die uitvoering van misdaad kom nie. Hy het die span geloof en hulle aangemoedig om die inwoners van Mpumalanga te help om ʼn misdaadvrye provinsie te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.