Venues vir Krieketwêreldbeker in SA bevestig

Die Wanderers-krieketveld in Johannesburg. (Foto: Twitter.)

Agt venues is vir die Krieketwêreldbeker bevestig wat in 2027 in Suid-Afrika aangebied word.

Volgens Krieket Suid-Afrika (KSA) se hoof, Pholetsi Moseki, sal wedstryde oudergewoonte by die Wanderers-stadion in Johannesburg, SuperSportpark in Centurion, Nuweland in Kaapstad, Kingsmead in Durban en St. George-park in Gqeberha gespeel word.

Die Mangaung Oval-krieketveld in Bloemfontein, Bolandpark in die Paarl en Buffalo-park in Oos-Londen sal ook vir wedstryde gebruik word.

Al agt venues is in 2003 gebruik toe Suid-Afrika ook die Krieketwêreldbeker aangebied het. Wedstryde is destyds ook in Benoni, Potchefstroom en Kimberley gespeel, maar dié velde is nie vir die 2027-toernooi, wat van Oktober tot November sal plaasvind, gekies nie.

Buiten die venues op tuisbodem, sal wedstryde ook in Zimbabwe en Namibië gespeel word. Dié Afrika-lande is mede-aanbieders van die toernooi.

Moseki het aan News24 gesê dat die agt venues vir “wetenskaplike redes” gekies is. Dit is onder meer naby aan lughawens en daar is genoeg verblyf beskikbaar.

Die Wanderers-stadion, een van Suid-Afrika se vernaamste sportvelde, het plek vir sowat 30 000 mense. Nuweland – met Tafelberg in die agtergrond – het al meer toetsreekse as enige ander sportveld in die land aangebied.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Laksman ·

Ons kan ook net hoop en vertrou dat daar nog iets oor is teen 2027!

koos10 ·

Wetenskaplike redes!!!!
Miskien logistieke redes, maar wetenskaplike redes, nou het ek als gehoor.

Jack ·

Ja defnitief ek sal tweekeer dink oor enige groot sport in die land in die toekoms.Ek dink die chaos en verwoesting is nou baie naby so ook die einde van die die lewe en ekonomie soos ons dit geken het tot nou toe.

George ·

Ek is seker julle het dieselfde voor 2003 gese, asook ’95 seker ook die 2010 wc, en nou weer. Eendag gaan julle seker reg wees, maar dis nog ver.

Republikein in die Wes Kaap ·

George, ons weet nie wat agter die skerms gebeur nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.