Verbrande liggaam in kattebak dié van weermaglid

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse weermag (SANW) het Vrydag die verkoolde liggaam wat verlede week in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Blue Downs op die Kaapse Vlakte aangetref is, as een van sy lede geïdentifiseer.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het in ʼn verklaring gesê die weermag het bevestig dat die liggaam die van ʼn weermagsoldaat is wat as deel van Operasie Lockdown in die Kaapse Vlakte ontplooi is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn verbyganger het die polisie Sondag na die toneel in Silversandweg ontbied waar die liggaam van ʼn 41-jarige man in die kattebak van die motor gekry is.

Twee mans, onderskeidelik 43 en 24 jaar oud, is vandeesweek in hegtenis geneem en sou na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en kaping.

Fritz het die polisie vir die inhegtenisnemings geloof. “Ons kan nie toelaat dat bendelede ons gemeenskappe intimideer en terroriseer nie,” het die LUR in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Word daar nie meer roucol parade gehou nie, alles gaan ten gronde

Elsie ·

But the community still kill one another..
What is the army doing as there is still a high rate of killings going on.
What has happened to the new technology which can tell you exactly what direction and from where a bullet has been fired? Talk.. talk… talk…

SjN ·

Stem saam, maar daar moet seker ook gemonitor word wie is nog daar en wie het ge awol, as hy nie aangemeld het nie kon hy gaan soek word en dalk nog gelewe, dit gaan oor dissipline, wat ontbreek by alle staats departemente, duidelik was jy nie in die verpligte army nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.