Verdagte doodgeskiet na hy polisielid doodsteek

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Verdagte is doodgeskiet nadat hy met ʼn mes en ʼn spies uit ʼn huis gestorm en ʼn polisiebeampte noodlottig gewond het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is kapt. Mawethu Mantshioyse van die eenheid vir openbare orde in Aliwal-Noord in die nek gesteek toe hy en kollegas bystand aan beamptes van die Phumalanga-SAPD verskaf het om ʼn verdagte vas te trek wat gesoek is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die beamptes het Dinsdag in die Ndungunya- informele nedersetting, Tyinindini, na die verdagte gesoek toe hy gewapen met ʼn spies en ʼn mes by ʼn huis uitgestorm het en Mantshioyse in die nek gesteek het. Mantshioyse het geval en die verdagte het weer in sy rigting gestorm toe hy deur ander polisiebeamptes doodgeskiet is.

Die polisiebeampte is vir behandeling na ʼn kliniek geneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Die 40-jarige verdagte is op die toneel dood verklaar. ’n Saak van moord word ondersoek en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris, het haar meegevoel met die geliefdes en kollegas van die polisiebeampte betuig.

“In die lig van hierdie sinnelose daad was geregtigheid vinnig. Die verdagte wat vir dié gruwelike daad verantwoordelik was, is doodgeskiet. Laat dit ’n skerp waarskuwing wees dat ons nie aanvalle sal duld op diegene wat onbaatsugtig beskerm en dien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karoo ·

Inige simpatie aan die Familie en Vriende, ek glo hy het sy werk met trots en eiwer aangepak. RIP

Delia ·

SAPD moet hulle opleiding opskerp. Te veel polisie gesinne moet nou deur trauma gaan.

hpven ·

Tragies dat nog ‘n polisielid in uitvoering van sy werk moes val. Sterkte aan sy familie!
Salueer!

domheks ·

Sterkte aan polisie lid se familie. RIV.
Dankie tog, die moordernaar is nie meer met ons nie. Ons het nie sulke mense nodig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.