Verdagte doodgeskiet toe hy fietsryer glo teiken

(Argieffoto: ER24)

ʼn Man is Saterdagoggend in Randparkrif in Randburg doodgeskiet toe hy glo ʼn fietsryer geteiken het.

Paramedici het teen 06:50 op die toneel in Beyers Naudé-rylaan aangekom. Met hul aankoms is ʼn man langs die pad aangetref. Lede van ʼn veiligheidsmaatskappy was ook reeds op die toneel.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man, in sy 20’s, ondersoek en gevind dat hy in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene het glo gepoog om ʼn fietsryer te beroof toe ʼn veiligheidswag tussenbeide getree het.”

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Die ou wat geskied het gaan seker nou weer gearresteer word

Emile ·

Wel gedaan aan die veiligheidswag wat ingetree het voordat nog ‘n onskuldige burger deel word van die Misdaad statistieke van RSA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.