Verdagte opgespoor ná moord by gastehuis

Gertjie Bothma (Foto: Verskaf)

Die polisie het die gesoekte Gertjie Bothma opgespoor en in hegtenis geneem. Bothma word verdink van die moord op ʼn gastehuisbestuurder aan die Wes-Rand in Gauteng.

Volgens ʼn lid van die polisie is Bothma Vrydagaand net na 21:00 in die middedorp van Carletonville opgespoor.

Hy het Maandag vlugtig in die landdroshof op Carletonville verskyn, en sal na verwagting weer volgende Dinsdag in die hof moet wees.

Maroela Media het vroeër berig Domingos Antonio Novela, bestuurder van die Sleepover-gastehuis en konferensiefasiliteit in Oberholzer, is verlede Woensdag by die gastehuis vermoor.

Novela het die oggend die hek oopgemaak vir ʼn gas met ʼn vragmotor wat die vorige nag in die gastehuis oorgeslaap het. Op pad terug na sy kamer op die perseel het hy [Novela] Bothma en ʼn ander verdagte glo op heterdaad betrap, besig om dekor en ander eiendom van die gastehuis te steel.

Die verdagtes was besig om die eiendom van die gastehuis se perseel oor die muur te tel na die naburige erf – waar een van die verdagtes glo woon. Novela is toe glo
doodgeslaan.

Een verdagte is kort ná die voorval vasgetrek, waarna die polisie ʼn grootskaalse soektog na Bothma van stapel gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danny ·

Skandelik, wat ‘n tragiese voorval vir die eienaar se lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.