Verdagte vas ná Bethal-dubbelmoord

Dr. Hannes Beukes en sy vrou, Ibel. (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn geliefde oudleraar en sy vrou van Bethal in Mpumalanga.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is glo deur sy skoonpa aan die polisie uitgelewer. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Dr. Hannes Beukes (70) en sy vrou, Ibel (67), se liggame is verlede Woensdag in hul voertuig in ʼn veld digby die Bethaldam op die dorp gekry.

Die inhegtenisneming kom nadat die polisie vroeër die week ʼn lasbrief bekom het vir ʼn persoon wat glo ʼn lidmaat is van die kerk waar Beukes ʼn leraar was.

Beukes was jare lank die leraar van die Hervormde kerk op die dorp. Sy vrou was ʼn afgetrede onderwyseres.

Die polisie het vroeër gesê die egpaar het Woensdag by hul huis vertrek om hul huiswerker in Emzinoni, ʼn nedersetting buite Bethal, te gaan aflaai, maar nooit teruggekeer huis toe nie. ʼn Verbygaande motorfietsryer het die voertuig laatmiddag in die veld opgemerk en alarm gemaak.

Die Beukes-egpaar se selfone en Ibel se handsak was steeds in die motor en net ʼn paar klein goedjies is gesteel.

Volgens Hlathi het die egpaar ernstige, sigbare beserings aan hul liggame gehad. Paramedici is dadelik ontbied, maar albei is op die toneel dood verklaar.

Wilco Beukes (72), Hannes se broer, het vroeër aan Maroela Media gesê ʼn gedenkdiens sal gereël word sodra die egpaar se kinders, wat oorsee woon, weer na Suid-Afrika kan reis in die lig van die Covid-19-pandemie.

“Ek sal altyd onthou wat my pa van hom gesê het: ‘Daar is ʼn Israeliet sonder bedrog.’ Hannes was ʼn goeie ou. Hy en sy vrou het ʼn goeie verhouding gehad en hulle het weer ʼn goeie verhouding met alle ander mense gehad.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annelie ·

Francois… ek weet jy is nie n moordenaar nie. Jy is n sagte mens met n mooi hart. Ek bid vir jou en jou gesin. Mag God jul dra deur hierdie seer.

Jaco ·

vreemd dat wanneer wit mense vermoor word, die SAPD amper dadelik n wit famiielid of naasbestaande of geliefde of vriend verdink en dan sommer vinnig vang ook.
hulle is te swak opgelei om die ware moordernaars te vang en dis seker ook polities korrek om moord op wit mense so te hanteer. ons is mos maar die tweedeklas burgers en die anti-wit owerhede van SA wil ons tog eintlik maar nie hier he nie.

Lynette ·

Anel en Jaco….hoekom het hierdie verdagte dan WEGGEKRUIP en moes hy UITGELEWER word aan die polisie?? Lyk dit soos die gedrag van n ONSKULDIGE man??

Annelie ·

Beste Lynette…

Dalk is dit die optrede van n verdagte, maar indien jy iemand as persoon ken en jare saam met hom gewerk het, is dit vir jou moeilik om so iets te glo en n mens bid dat dat dit nie waar is nie.
Die Bybel se ook… laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel….
Ek bly steeds bid vir Francois en sy gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.