Verdagtes tydens hoëspoedjaagtog doodgeskiet

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Twee gewapende rowers is Vrydag tydens ʼn hoëspoedjaagtog in Newlands East in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê ʼn koeriervoertuig is vroeër die dag op die M7 naby Edwin Swalesrylaan beroof deur ʼn groep gewapende mans. Hulle het ʼn groot hoeveelheid waardevolle items gebuit.

“ʼn Beskrywing van die voertuig wat tydens die gewapende rooftog gebruik is, is uitgestuur en is later in die Newlands East-gebied opgemerk. Polisiebeamptes van verskeie eenhede en polisiestasies het reageer en saam met veiligheidswagte die verdagtes agternagesit.”

Die verdagtes het op polisiebeamptes gevuur en die skietery het tydens ʼn hoëspoedjaagtog voortgeduur. “Die verdagtes het beheer verloor oor hul voertuig en in ʼn versperring vasgery. Hulle het op polisiebeamptes bly vuur terwyl hulle weggehardloop het.”

Twee mans is noodlottig gewond tydens die skietery terwyl die res van die verdagtes in die nabygeleë bosse verdwyn het.

“ʼn Ondersoek na die skietery is van stapel gestuur en speurders vermoed die mans word met verskeie rooftogte in Durban verbind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Die land SA verkeer in ‘n chaotiese toestand van dat die ANC oorgeneem het, het nie die kennis om ‘n land te regeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.