Verdagtes vir sakeroof, moord gesoek

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Kort nadat ’n ontploffing Donderdagoggend by ’n vulstasie in Low’s Creek in Mbombela (Nelspruit) aangemeld is, het polisie op die liggaam van ’n veiligheidswag afgekom.

Die kluis by die vulstasie was opgeblaas en ’n onbekende bedrag geld is gebuit.

Volgens kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, is die veiligheidswag in sy bolyf geskiet en is hy op die toneel dood verklaar.

“Die polisie is tans op soek na die verdagtes wat vir die moord en roof verantwoordelik was.”

Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Gelisensieerde wapens seker ne hoed? Kom ons wag vir jou verskonings julle moet ons mos beskerm pffft

Tiptol ·

Die polisie soek al na meer verdagtes wat gemoor het as wat daar polisie lede is.

Kokerboom ·

Soek maar bron van polisie swakhede by papbroekige onbevoegde oorlaaide(range) polisie topstruktuur

Persheks Adri ·

Stem Kokerboom super pateties en dis sagkens gestel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.