Verdoemende bewyse in Malema-saak gelewer

Julius Malema (Foto: Twitter)

Verdoemende getuienis is Donderdag in die Oos-Londense streekhof teen Julius Malema, leier van die EFF, en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, gelewer. Die saak hou verband met die vuurwapenverwante aanklagte waarop Malema en Snyman sedert 2018 tereg staan.

ʼn Ballistiese deskundige het in die hof aangevoer dat hy die patroondoppie wat op die toneel gevind is, positief met die geweer wat deur Malema se lyfwag vir ballistiese toetse ingegee is, kan verbind.

Die deskundige het voorts gesê dit wil voorkom of daar met dele van die vuurwapen gepeuter is – moontlik in ʼn poging om dit moeiliker te maak om die patroondoppie aan die geweer te koppel.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê Malema se strategie is duidelik om alles te ontken. Boonop het sy weergawe verskeie kere verander. Eers is daar gesê die vuurwapen het loskruitpatrone (blanks) afgevuur en later is aangevoer dat ʼn speelgoedgeweer gebruik is.

“Indien hulle die patroondoppies met die geweer wat die lyfwag ingegee het, kan verbind, word hulle hele verweer uit die water geskiet.”

Malema en Adriaan Snyman staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018.

AfriForum het destyds die klagtes ingedien nadat Snyman die vuurwapen glo vir Malema aangegee het voordat dit afgevuur is. Snyman is na bewering die eienaar van ʼn private veiligheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

Die saak gaan Vrydag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Truthful ·

Snyman het vinnige geld gemaak deur sy maats op tepas… Groots skelms. malema is .n dilemma

Althes ·

Ek bid werklikwaar dat hierdie man sy dag kry, hy is arrogant en baie ver van onskuldig af

Johann ·

Ja en die rooipetter LUV die aandag en verhoog om sy ongeskoopde massa najaers op te sweep

Johan ·

Ai, uiteindelik is daar lig! Daai Malennema het nie die vaagste benul van die heilige waarheid van ballistiese ondersoeke nie, hy het nie ‘n idee van die tegnologie wat gebruik word om ‘n dop en ‘n koeël en ‘n slagdoppie met ‘n geweer se loop se kamer en lande en velde en slagpen te pas nie. Mag hierdie die keerpunt wees!

Kobus ·

Malema poog om ‘n bespotting van die reg te maak. Hy is uitdagend en tart die howe. Wonder wie is sy ” coach”

OW ·

Sy “coach” is al oorlede maar het hom baie goed geleer,wyle Peter Mokaba.

Jdb ·

Las dan sommer meineed by. Hierdie gelieg in die howe moet gestraf word.

Waarnemer ·

En nou is almal bly…julle vergeet malemma se boetie us die president. daar sal n skuiwergat wees om hom weer skotvry uit die hof te laat stap.

Nie Verbaas ·

Ek hou nie my asem op met die saak nie. Dit sal net nog sloer en dan die deesdae berugte reg van uitspraak word voorbehou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.