Verkeersbeampte op N2 in Mpumalanga doodgery

ʼn 52-jarige verkeersbeampte is Dinsdagaand dood toe ʼn vragmotor hom op die N2 tussen Pongola in Piet Retief in Mpumalanga getref het. (Foto: Verskaf)

‘n 52-jarige verkeersbeampte is Dinsdagaand dood toe ʼn vragmotor hom op die N2 tussen Pongola in Piet Retief in Mpumalanga getref het.

Die voorval het kort ná 18:00 gebeur.

Die senior provinsiale inspekteur, verbonde aan die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in Mpumalanga, was ten tyde van die ongeluk saam met ʼn kollega besig met roetine wetstoepassing. Die kollega was aan die oorkant van die pad.

Paramedici het die beampte op die toneel dood verklaar.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

Busisiwe Shiba, waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het haar medelye betuig met die familie van die beampte, sy kollegas en vriende.

Shiba het die beampte se dood as ʼn geweldige verlies bestempel, nie net vir sy familie nie, maar vir die hele wetstoepassingsgemeenskap.

“Ons is diep bedroef en betuig ons innige meegevoel met die families, vriende en kollegas van die slagoffer. Die ondersoek is aan die gang en ons doen ʼn beroep op wetstoepassers om hulle nie van stryk te laat bring in die stryd om ons paaie veiliger te maak nie.”

Die beampte se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oosieoos ·

Ek het al self amper een dood gery al ry ek permanent met my ligte aan. Hardloop reg voor my in om a ou aan die anderkant te stop. Nie baie slim nie

Elizabeth ·

Soos ‘n baie ou advertensie…”it just jumped in front of me”… wat ongelukkig die waarheid is. Hulle spring net voor jou in.

SjN ·

Afstand en spoed koordinasie is vir sommiges n groot probleem, tragies.

Danie ·

Die mense dink mos hulle kan dans voor n 40 ton vragmotor.Self n getuie in sulke gevalle.Dalk beter opleiding kry.

hendrik ·

Dit is jammer Dat so iets gebeur het. Die vraag wat onwillikeurig ontstaan is wat was die rede vir die person om aan die ander kant van die pad te wees terwyl die wetstoepassing weer aan die regte kant van die pad was . Die verkeerde beweeg in bride rigtings dit is beslis nie net n twee spoor paadjie nie. Die wets toepassers moet maar ook net n bietjie dink voordat jy enige beweging maak. Dit is tragies maar dink en luister voordat jy iets doen. N mens speel nie met sulke gevaarlike situasie nie. Word dit hulle nie geleer nie vra net.

J. J. ·

Dis omdat hulle voor aankomende verkeer inspiring om voertuie in die regterbane te stop, met hulle kameras. Ek sien hulle gereed tussen Bronkhorstspruit en Witbank. Hulle dobbel met hulle lewens deur dot te doen. Die owerhede moet daardie gedrag stopsit. Nou word die bestuurders van voertuie wat 120+ km/h ry van manslag en/of moord aangekla, verkeerd. Wanneer gaan die owerhede ophou om net alles toe te laat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.