Verkeersman kritiek ná motor hom tref

Die toneel waar ‘n verkeersbeampte op die N2 omgery is. (Foto: Netcare 911)

ʼn Verkeersbeampte is Sondag ernstig beseer nadat hy deur ʼn motor op die snelweg in Durban omgery is.

Die nooddiens Netcare 911 het Sondagoggend gereageer op ʼn noodoproep van ʼn ongeluk op die N2 naby die Prospectonweg-afrit in Durban-Suid.

“Inligting vanaf die toneel dui daarop dat ʼn verkeersbeampte deur ʼn motor getref is. Die pasiënt het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Weens die ernstige aard van die pasiënt se beserings is ʼn Netcare 911-helikopter ontbied om die beampte na ʼn nabygeleë spesialiseenheid te vervoer.

Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Debby ·

Dis omdat hulle lings en regs voor karre inspring om die persoon te stop, ek as vrou alleen stop vir niks of niemand jn vandag se lewe nie

Karen ·

As hulle karre gaan stop moet daar meer as 1 teenwoordig wees en hulle moet duidelik sigbaar wees ook? Nou vra ek, wat het hy alleen op die snelweg gesoek?

Erika ·

Jy Moet duidelik sigbaar wees ..as .Verkeersman met identifikasie ….Geen mens gaan stop as dit n potensiele “Hijack’ Situasie kan wees nie …dit kan jou jou lewe kos

Hennie ·

My swaer is verlede week raak gery op n hoofweg in Gauteng. Hy is n wegsleep voertuig bestuurder wat gestop het om mense te help wat in n ongeluk betrokke was. Hy lê nou in die hospital met n ernstige enkel breuk wat veroorsaak in deur n onverskillige motoris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.