Verkiesing 2019: Solidariteit Beweging neem standpunt in

Argieffoto (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency/ANA)

Lede-instellings wat deel uitmaak van die Solidariteit Beweging sal Vrydag by ʼn gesamentlike mediakonferensie hul standpunt oor die komende verkiesing bekendmaak.

ʼn Platform sal ook by die konferensie bekendgestel word wat kiesers sal bystaan om ʼn ingeligte besluit met betrekking tot die verkiesing te neem.

Die instellings wat deel uitmaak van die Beweging, waaronder Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK, verteenwoordig gesamentlik sowat twee miljoen mense, wat 500 000 lede en hul gesinne insluit.

Dit sluit verteenwoordiging in van belange op verskeie vlakke, wat onder meer die wêreld van werk, gemeenskapsveiligheid, minderheidsregte, burgerregte, maatskaplike sorg en taal- en kulturele erfenis behels.

Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging, heers daar tans baie onsekerheid oor die komende verkiesing, en word vanjaar se verkiesing uit vele oorde as bepalend beskou.

“Hoewel die Solidariteit Beweging nie as sodanig aan partypolitiek deelneem nie, het die uitkoms van verkiesings ʼn daadwerklike impak op alle sfere van ons lede se bestaan.

“Onlangse kwessies rakende onteiening sonder vergoeding, die nasionale gesondheidsversekering en moedertaalonderrig maak dat hierdie verkiesing veral deurslaggewend kan wees,” het Redelinghuys gesê.

“Dit is om dié rede dat die Solidariteit Beweging ook sy standpunt rakende die verkiesing wil bekendmaak en die nodige hulpbronne tot sy lede se beskikking wil stel om ʼn ingeligte en goed beredeneerde besluit te neem,” het Redelinghuys gesê.

Solidariteit Beweging neem standpunt in rakende komende verkiesing

Lede-instellings wat deel uitmaak van die Solidariteit Beweging neem standpunt in oor die komende verkiesing en stel voorts 'n platform bekend wat kiesers sal bystaan om 'n ingeligte besluit rakende die verkiesing te kan neem.

Posted by Maroela Media on Friday, May 3, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kies reg ·

Wanneer daar na die belang van die afrikaner en afrikaans, met die gepaardgaande kultuur en geloofbeginsel kan daar net na VF+, ACDP en dan moontlik COPE gekyk word. Dit sal ideall wees as hierdie drie partye behoorlike samewerkings ooreenkomste aan kan gaan en dan in ooreenstemming met mekaar as n eenheid koalisies vorm wat dan hul hand sal sterk om n STERKER stem in die nationale regering en provinsiale regerings te he.

Harry ·

Ja, dis tans die beste keuses en as daar genoeg Afrikaanssprekendes was, sou dit kon werk, maar dis ‘n klein knerts teen die groot donker donderweer wat homself nog moet uitwoed, waarna ons gereed sal wees….
Daarom is/was wyle Jaap Marais nog steeds reg met sy standpunt: Kies reg bly weg!

Linda ·

So who will you Vote for on 8 May 2019 ??? …..APPLY YOUR MIND !!!! Never underestimate power of the Minority ! no one can force you to vote for a specific party. Again…Apply your mind and dont be gullible, Politicians are nothing but trouble ! You Must vote and it is a secret !!!

Linda ·

Ek het sommer hier in engels geskryf sodat almal kan verstaan. Mense dis baie belangrik om op 8 Mei te gaan stem asb !!! Vat n opvou stoel saam, n bottel water, die toue kan lank wees en dra plat, gemaklike skoene !!!

Linda ·

Ek sien iemand se COPE -LAKOTA, Ek is skepties, hy het destyds ons kommando’s terug getrek, toe begin die plaas moorde ! Ek se weer ….Apply your mind !!! dis al !!!

Jerry ·

My beskeie standpunt is dat daar geen party was wat staatskaping fase 1 sien kom het of dit sou kon stop al sou hulle dit sien kom het. Tweedens is daar geen party wat die vooruitsiendheid het van wat na die verkiesing gaan gebeur nie, laat staan nog staatskaping fase 2 wat net met n ander mombakkies op voortgaan, te stop nie. Staatskaping fase 2 wat dit ten doel het om meer geld te gebruik om kamtig Staatskaping fase 1 se skade te herstel, kos reeds voor die verkiesing dubbeld soveel as wat staatskaping 1 gekos het! Is daar enige party of partye wat Staatskaping 2 al gestop het? nee daar is nie! Staatskaping 2 gaan voort en gaan na die verkiesing meer as dubbeld kos, kan enige party dit stop? Nee, hulle kon nie 1 stop nie, so hoe gaan hulle 2 stop? Moet ons dus gaan stem? ja ons moet, want al is dit alles reeds water onder deur die brug, mag ons nie ophou hoop vir n wonderwerk!

Johan ·

“Die doel van plan B is nie om Afrikaners af te sonder nie” Jammer, maar die enigste manier vir Afrikaners om te oorleef in hierdie land, is afsondering. Dit is dus jammer dat Front Nasionaal nie eens op u instrument van stemkeuses ter sprake kom nie. Ek’t nie besef ons mense het intelektueel so verarm dat hulle nie self kan bepaal watter party hulle belange die beste sal dien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.