‘Verlange bly’ selfs ná vonnis

Daleen en Alex Cameron [Foto: Daleen Cameron, Facebook]

Hoewel Daleen Cameron (67) se familie verlig is dat geregtigheid vir haar dood geskied het, vat dit steeds nie hul hartseer en verlange weg nie.

Die 40-jarige Joseph Mokhoele is Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein tot lewenslange tronkstraf vir Cameron se moord gevonnis. Hy is ook 18 jaar tronkstraf op aanklagte van roof met verswarende omstandighede opgelê.

“Daar is maar min woorde wat sin maak, net dat ons ongelooflik baie verlang,” sê Cameron se dogter, Sanjaca Mitrovich, na afloop van die vonnis aan Maroela Media.

“Niks sal ons ma en oumie kan terugbring nie, maar dit is ’n goeie gevoel dat geregtigheid geskied.”

Mitrovich voel die vonnis sal wel ʼn verskil maak deurdat Mokhoele nou nie meer vry op straat rondloop “en nie weer iets aan iemand anders kan doen nie”.

Cameron se man, Alex, het tydens die verhoor getuig oor die gru-toneel waarop hy op 23 November verlede jaar in die gesin se huis in Bayswater, Bloemfontein, afgekom het.

Alex was dié oggend gou hardewarewinkel toe en het sy vrou vir sowat 40 minute alleen saam met Mokhoele – die gesin se tuinwerker wat buite die huis besig was – gelos. Met sy terugkeer het hy Cameron se lewelose liggaam in die slaapkamer in ’n plas bloed aangetref. Haar keel was oopgesny en haar hande was agter haar rug vasgebind.

Dit het in die hof uitgekom dat Cameron met ʼn piksteel geslaan is en daarna vasgebind en toe keelaf gesny is.

Mitrovich het vroeër aan Maroela Media gesê sy eer Cameron as ’n sterk vrou wat verbete geveg het teen die uitdagings van die lewe, onder meer leukemie wat sewe jaar gelede by haar gediagnoseer is.

Sy het haar ma ook onthou as iemand wat enigiets vir haar naaste sou doen en ook beskryf as ’n groot mentor en heldin vir haar en haar suster Xandria.

Cameron het jare as eiendomsagent in Bloemfontein gewerk en het ʼn paar jaar gelede afgetree.

Sy het meer as 30 jaar gelede as stadsraadslid van die Nasionale Party (NP) op Koster, Noordwes, gedien. Haar pa was destyds burgemeester van die dorp en sy het ook saam met hom op die raad gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willempie ·

ń Skamele 20-25 jaar. En dan is hierdie gemors se 2e vonnis van 18 seker ook gelylopend met die 20-25 jr. So effektief sit hy dalk 20jr. Skande.

KatjieDeKat ·

Soms as ek so na SA kyk, begin ek te dink: Miskien is dit nie meer lank nie, dan Gaan meeste persone hier, se lewensverwagting omtrent net 20 jaar wees. Erger as in die Donker Eeue en Middel Eeue. Moord, gewelddadige misdaad, die slagting op ons paaie, die toestand van staatshospitale. Die nuwe hospitaal sisteem wat die ANC bedink wat selfs van betalende mediese fonds lede basies staatshospitaal pasiente gaan maak. Lewenslank Behoort egter, teen huidige koers van lewensverwagting, ten minste 50 jaar te wees? Maar nou ja, ons het nou hierdie regering.

Perdeby ·

25 jaar en dan kan hy parool kry as hy die helfte uitgedien het.

Miena ·

Net ter inligting vir die wat nie weet nie – in SA Kriminele Reg – lewenslange tronkstraf is 25jaar. Dan is hy is ook verdere 18 jaar tronkstraf opgele – MAAR – ons sien nie dat die uitspraak sê dat dit saam sal uitgedien word of apart nie. Plus ons sien ook nie in die artikel of hy gaan apelleer nie. NB vraag daai.
Die ander ding van n uitspraak deur n regter – as hy/sy sê dat die persoon sal lewenslank vonnis uitdien vir die res van sy natuurlike lewe sonder opsie op parool, dan kom daardie gevangene nie uit nie.
Asook – wanneer die regter in die vonnis sê dat die persoon word geklassifiseer tot geharde misdadiger – maak dit ook n beduidende verskil want dan beteken dit – wanneer parool opkom moet die hele saak weer voor n regter gerbing word.
Innige simpatie vir die gesin se verlies – en dankie vir die goeie ondersoek- en speurwerk deur betrokke beamptes, om die persoon aandadig aan sy dade te laat boet.

Hayntjie ·

Kan ons hulle ooit vergeet? Op amper 68 verlang ek steeds intens na my pa wat amper 20 jaar gelede oorlede is. Selfs nou nog het ek sy raad en advies en ag, net sy saamwees, baie nodig.

Marcello ·

Ek stem saam met jou, my Moeeder is al 29j oorlede, en nog steeds mis haar. Veral as ek net wil uitpak oor ‘n probleem, wat net ‘n Ma of Pa kan raad gee.

Kobus ·

Kan ons wittes nie self die doodstraf toepas nie kry n sniper en haal hulle uit

Danie ·

Dink maar tweekeer om n vreemde en selfs n bekende by jou huis en mense alleen los.Jy kan in vandag se dae niemand vertrou nie.Dieselfde geld van vreemdes wat gehuur word op plase.Die wat los rondloop en misdaad pleeg en gaan pleeg leer niks uit gevalle waar swaar vonnise gele word nie.

Veronika ·

Ek kry maar swaar om so hard en alleen te werk op my oudag, maar ek sal maar aanhou, want ek is te vreesbevange vir soiets om te gebeur, gelukkig n oulike skoonseun wat my help as ek nie kan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.