Vermeende aanvaller op plaas doodgeskiet

plaashek-pexels

(Argieffoto: Pexels)

’n Vermeende plaasaanvaller is Woensdagaand op ’n plaas in die omgewing van Hankey in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Die eienaar van die plaas – wat in Augustus verlede jaar óók op sy plaas aangeval en gewond is – het gisteraand uit oënskynlike selfverdediging opgetree, sê Fred Vermaak, voorsitter van AfriForum se tak op Jeffreysbaai.

Volgens Vermaak se inligting het die plaaseienaar een skoot afgevuur nadat die verdagte toegang tot die plaas verkry het.

AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes is omstreeks 21:45 na die plaas op die R330 in die omgewing van Hankey ontbied, nadat die vermeende aanvaller binne die plaashuis geskiet is.

Die verdagte het na bewering nog geleef met nooddienste se aankoms op die toneel, maar het later aan sy beserings beswyk.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord.

“Die omstandighede rakende die voorval vorm deel van die ondersoek. Nog niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie en die saak word ondersoek,” sê Nkohli.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

En die boer gaan aangekla word van moord en die effies gaan weer voor die hof betoog…..wats nuus?

Jack ·

Boer is nou klaar ontwapen en blootgestel vir n paar jaar in afwagting van die saak. As die krimineel gewapen was en die boer se lewe bedreig het is dit geregverdig om te skiet. Hoop die kameras het gewerk.

Frank John ·

So! Om jouself te verdedig, effektief, is nou moord. Maar as jy vermoor word is die jou reg en kan jy twee of meer jare daarteen veg om jou onskuld te bewys want jy het die reg om Onskuldige te martel en te vermoor..
Wette wat deur kriminele vir kriminele gemaak is.
Asof kriminele meer reg het as onskuldiges.

Nico ·

Hoe verstaan ek dit nou die vermeende inbreker is binne die huis geskiet, nou word daar ‘n saak van moord ondersoek, dit sê vir dat jy nie uit selfverdeiging mag skiet nie. Die rowers kan maak net wat hulle wil, daar moet gekyk word na hierdie sake.

Maritza ·

Uitstekende nuus! Ongelukkig sal die EFF seker betoog dat die plaas boer aangekla word

Marcello ·

Hoekom word net sekere dade gestraf. Wat van die voorval in Vishoek waar die Polisie Beamptes die persoon aangerand het, omdat hy ‘n vermiste persoon wou aanmeld. Of is die klaer nie die regte kleur nie. Mens wonder maar net as dit omgedraai gewees het, sou Hoed baie te sê gehad.

Oosie ·

Daai boef wss nie daar vir koek en tee nie.. maar om weg te spring met ñ moord klag is walglik veral as die boef in die huis betrap is..

Die regstelsel gaan maak dat niemand meer selfverdediging aanmelt en dan kan boef net in gat in grond gegooi word.. siedaar oor en verby is als.. jou lewe is gespaar en sy familie eis nie nog geld agterna by jou ook nie..

My mening, maar ons anc regstelsel het hul mes in vir mense wat hulself verdedig..

Karina ·

Hy verdedig homself, nou word hy aangekla vir MOORD? Ons bid dat Afriforum hom uit die gemors sal kry. Ek GLO dit uit my hart en siel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.