Vermeende brandstofdiewe aangekeer

Vyf persone, tussen 24 en 52 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter en olie uit ʼn Transnet-brandstofpyplyn gesteel het.

“Transnet het Saterdag ʼn kennisgewing ontvang oor ʼn daling in die druk in die pyplyn by Taaibosplaas, distrik Zamdela in Sasolburg,” het ao Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in ʼn verklaring gesê.

Veiligheidswagte en lede van die Valke het reageer op die klag en twee tenkwaens op die toneel aangetref.

“Die vyf verdagtes is glo op heterdaad betrap toe hulle olie uit die ondergrondse pyp in een van die tenkwaens oorgetap het. Beamptes het ook beslag gelê op twee kragopwekkers en ander toerusting wat deel sal vorm van die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ChrisWs ·

Dis ‘n ernstige misdaad wat gepleeg is.Ek hoop hul straf gaan gepas wees maar ja my vertroue in die regstelsel is baie laag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.