Vermeende gewapende rower op Seinheuwel in Kaapstad aangekeer

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn Vermeende gewapende rower is op Seinheuwel in Kaapstad in hegtenis geneem, net ʼn paar uur ná twee persone van hul besittings beroof is, het die polisie in die Wes-Kaap Sondag gesê.

“Kaapstad Sentraal het Saterdag reageer op ʼn berig dat twee persone van hul slimfone beroof is deur ʼn man wat hulle met ʼn mes gewapen was,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die verdagte het reeds in die bosse aan die Kampsbaai-kant van Seinheuwel gevlug. Beamptes het die gebied te voet deursoek.”

Die verdagte is ná twee ure in ʼn mensgemaakte grot opgespoor. “Beamptes het beslag gelê op twee selfone en ʼn mes. ʼn 35-jarige man, van Khayelitsha in Kaapstad, is in hegtenis geneem op aanklag van roof met verswarende omstandighede en die besit van ʼn gevaarlike wapen. Hy sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn,” het Potelwa verduidelik.

“Die toewyding van die beamptes om die verdagte op te spoor, word geloof.”

In ʼn onverwante voorval is ʼn man in Mfuleni in Kaapstad in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn onwettige vuurwapen en dwelmmiddels. “Polisiebeamptes het Saterdag op inligting reageer en ʼn plakkershuis aan die agterkant van ʼn huis in Bardale, Mfuleni, deursoek. Hulle het op ʼn vuurwapen afgekom wat in ʼn luidspreker weggesteek is en 27 pakkies tik. Die reeksnommer van die vuurwapen is verwyder.”

ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en dwelmmiddels. Hy sal na verwagting ook Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Geagte Maroela. Seinheuwel is ‘n direkte vertaling van die Engelse Signal Hill. Die reeds jarelange Afrikaanse/Nederlandse naam van Signal Hill is Vlaeberg.

BoerSonderRoer ·

Hulle moet ‘n wet inbring dat as ‘n gevangene uit die tronk kom word hy vir ‘n tydperk gemonitor.

Hy word ook ‘n werk aangebied.

As hy nie sy werk doen nie of twak aanjaag, terug tronk toe.

Die Wolf ·

Ek glo nie dit is moontlik nie. Hulle weet nie wat die woord monitor beteken nie. Al uitweg is n eiland onder water met haaie wat patrollie swem.

Sarel ·

Jaco baie dankie ons het ook altyd geprast van ” Seinheuwel” nou weet ek van beter. Boer sonder Roer…
Dit is wat hullecwil doen want daar slaap hulle warm en kry kosxelke dag wasrvoor die werkende Burgersc betaal.

Pieter ·

Nou hoe kan julle hom nou wil vang? Onthou, BLM. Laat hom dadelik vry, hy was net besig met sy inkopietog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.