“Die vrou het glo om 06:30 geluide in haar erf gehoor en gaan ondersoek instel,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het twee mans in haar erf aangetref en ʼn vuurwapen op hulle gerig. Sy het hulle beveel om stil te staan.”
Toe een van die mans op haar afstorm, het sy gevuur en hom in die been getref. “Die vrou beweer die man het steeds bly storm en sy het hom ook in die ander been getref.” Hy is op die toneel dood verklaar.
Die tweede man het van die toneel gevlug.
Selepe het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.
Die vrou se naam word weerhou totdat sy in die hof verskyn het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Dood na skote in sy bene??
Gaan sy nou van moord aangekla word? Gee my krag. Skuus mevrou, jy moes hulle seker ingenooi het om jou te beroof en aan te rand.
Goedso ! Hy het niks in jou huis verlore nie !
Die storie van moord se gat, die wet se moord moet ook ondersoek word. Dame gee vir ons ñ opvolg asb.
MOORD! Ek glo dit nie. Wat soek hulle daar?