Vermeende polisiemoordenaar aangekeer

(Foto: SA Police Service/Twitter)

ʼn 39-jarige verdagte is op Piet Retief in Mpumalanga in hegtenis geneem vir sy vermeende betrokkenheid by die wrede aanval en moord op ʼn polisiebeampte van die gebied.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het onbekende aanvallers ao. Langelihle Hlatshwayo geskiet toe hy sy huis binnegaan het.

Hlatshwayo is eers inderhaas na die provinsiale hospitaal op die dorp geneem en daarna in ʼn bedenklike toestand na die Trichardt Mediclinic oorgeplaas waar hy dood is.

ʼn Tweede vermeende betrokkene by die moord is Vrydag op Evander in hegtenis geneem. Die persoon moet nog in die hof verskyn.

“Dit is te danke aan die samewerking van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad en die Secunda-honde-eenheid dat die misdadigers vasgetrek kon word. Nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.”

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Piet Retief-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

domheks ·

Goed dat hulle so gou die verdagters aankeer! Hoekom nie by plaasmoorse ook nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.