Vermeende sekspes-afrigter glo op pad na Olimpiese Spele

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Barry Hendricks, president van die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), genader oor ernstige bewerings dat daar steeds afrigters by Swem Suid-Afrika is teen wie aanklagte van seksuele mishandeling aanhangig gemaak is en dat een van hulle boonop binne ʼn maand atlete na die Olimpiese Spele gaan vergesel.

Die DA het verlede jaar versoek dat ʼn ondersoek van stapel gestuur moet word ná ʼn internasionale verslag onthul het dat uitvoerende lede van Swem SA, van wie sommige op die raad van Saskok dien, versuim het om bewerings van seksuele mishandeling teen minderjariges by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in te dien.

“In ons brief het ons mnr. Hendricks ook gevra vir die jongste oor die stand van beveiligingsbeleide om atlete teen mishandeling te beskerm,” sê Veronica van Dyk, die DA se skaduminister van sport, kuns en kultuur. “Hy het onderneem om dié beleide in plek te stel. Ons wou ook weet watter federasies hul beleid aangepas het om beskermingsmaatreëls teen seksuele teistering of mishandeling in te sluit.”

Die DA is ook bewus van bewerings in ander sportgedragskodes.

“Saskok het al voldoende tyd gehad om bewerings van seksuele mishandeling teen hierdie afrigters te ondersoek, wat ʼn afrigter by Swem SA insluit, asook verskeie bewerings teen waterpolo-afrigters. Saskok kan nie voortgaan om atlete, van wie sommige minderjarig is, in gevaar te stel nie.”

Van Dyk sê die DA ondersteun die feit dat die strafregtelike proses sy gang moet gaan, maar die party hou vol dat alle afrigters, teen wie bewerings gemaak is, en veral diegene teen wie strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak is, dadelik geskors moet word en nie onder enige omstandighede toegelaat moet word om atlete na die Olimpiese Spele of enige ander kompetisie te vergesel nie, hangende die uitslag van die ondersoek. “Saskok moet ʼn veilige omgewing vir atlete skep. Die veiligheid en welstand van ons atlete moet altyd eerste gestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boerinmurgenbeen ·

Wonder maar net, hoe polities is die afrigter en voorsitter verbind?
Hoekom sloer met sulke ernstige aanklagte?
Skors die hele raad.

Sarel ·

Minderjariges….waar is die ouers…hulle behoort mos beswasr te maak….wat die res betref..dit is SA..Regering
Voel vere…
Hoekom word nou kort voor verkiesing eers beswasr azngeteken en horkom nie ook by die Minister nie..of is hy te besig om name te verander..

JohanR ·

Geen naam en geen gesig. Hoekom weier die swemmers net nie om saam met ‘n sekspes-afrigter te werk nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.