Vermeende stropery-baasbrein weer aangekeer

Dawie Groenewald doen na verwagting Vrydag aansoek om borgtog. (Foto: SA Polisie)

Meer as ʼn dekade nadat Dawie Groenewald op renosterstropery-verwante aanklagte in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is, is hy Woensdag weer aangekeer.

Die 53-jarige Groenewald en sy medebeskuldigde, Schalk Steyn (48), is volgens die Valke in hegtenis geneem terwyl hulle 19 renosterhorings in twee bakkies vervoer het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die twee het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings.

Die twee is aangekeer tydens ʼn multi-dissiplinêre ondersoek wat ingesluit het die Valke, ʼn intelligensie-eenheid wat wildsmokkelary ondersoek en die private sektor.

“Die twee het 19 renosterhorings ter waarde van R2,6 miljoen tydens hul inhegtenisneming by hulle gehad. Daar is beslag gelê op die horing en die twee voertuie waarin dit vervoer is, is geskut,” sê Mogale.

Hulle verskyn na verwagting later vandag in die hof waar hulle sal aansoek doen om borgtog.

Die ondersoek om vas te stel of die verdagtes verbind kan word met misdade wat verband hou met die Wet op Bedreigde Spesies duur intussen voort.

Groenewald, ʼn vermeende stropery-baasbrein, staan ook in die hooggeregshof tereg op ʼn menigte aanklagte wat insluit rampokkery, geldwassery, die onwettige jag van renosters en handel in renosterhoring.

Hy is in 2010 saam met verskeie ander mense, onder wie ʼn helikoptervlieënier, veeartse en beroepsjagters, in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.

Die saak sloer egter al jare lank en is vroeër vanjaar vir die soveelste keer uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Tiptol ·

Dit gaan so met misdadigers in ons land. Alles word uitgestel, dan word kinders net weer verkrag, korrupsie gaan voort en renosters sterf. Hierdie man moes nóóit borg gekry het nie. Maar in SA sloer alles. Elektrisiteit, potholes, skoon water, munisipaliteite, skole, inentings, hospitale, weermag, polisie en die regering.

Mauritz ·

Al wanneer dinge vinnig beweeg is waneer genoeg geld van hande verwissel.

Loun ·

Hoekom moet die mans kan aansoek doen vir borgtog……?
Dit is herhaalde oortredings, en sodra hy borg kry gaan hy defnitief nog bewyse vernietig….

Nie Verbaas ·

Die menere moet toegesluit word en dan kan sleutels maar verlore raak. Die vermetelheid verdien klaar n swaar tronkstraf.

Nie Verbaas ·

Korrek, ek het n heel ander beskrywing in my gedagtes.

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as ‘n land verval in anargie mense vrees nie meer die gevolge van hulle dade nie,bou groter en meer tronke en straf mense vir 50 jaar sonder die opsie van parool,bring terug die doodstraf en sien wat gebeur.

Danie ·

Die ou moet glad nie borgtog kry nie en nog minder n boete of ligte tronkstraf. Hy moet die swaarste straf kry wat daar is en dan moet die regering n ooreenkoms aangaan met Lesotho sodat hy sy tronkstraf in die tronk in Lesotho kan uitdien. Dit is een van die ergste tronke in die wereld en hy sal dan voel hoe voel dit om n horing af te kap.

Delene ·

Tipies! ‘n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar!!

melaney ·

Mense weet hulle kan aanjaag. Teen die tyd dat hul by die hof opdaag, het hulle klaar een voet in die graf en die ander op ‘n piesangskil. Gisteraand op TV nuus het ek gehoor die baasbreine agter die plundery in KZN en JHB “gaan nog” inhegtenis geneem word. Wonder watter jaar sal dit gebeur.

Keelvol ·

Kry n eerlike werk. Verdien jou geld op die harde manier soos die res van ons.

Marius Gerhardus ·

2010???? En nou weer soveel renoster horings? Is ons regering ernstig om dit stop te sit? Aggenee kom aan man.

Pieter ·

Wonder hoeveel het die regter daai tyd gekry om die gemors borg te gee.

Hennie ·

En sy vennoot AB ( Schalk) Steyn is groot in die Safari en Jag bedryf !! Sluit hulle maar toe .

anniekiewiet ·

En die sake sloer aan en aan en intussen het jy en jou kliek seker dalk aangehou en aangehou om die wreedste wreedheid op diere toe te pas. Ek sal sukkel om jou ooit te vergewe. Mag jy iewers jou inhaligheid besef en begin berou voel vir jou monsteragtige lewe.

Aai ·

Kom glad nie op vir die man.Miskien word die horings op ‘n wettige manier verwyder en nie gestroop deur die renoster dood te maak maar het net nie die regte permit om te vervoer en te verkoop.Dit is hoekom die staat hom nog nie agter tralies het?Want as stropers gevang word kry hulle nie borg so ja die man het dalk ‘n geldige rede om uit die tronk te bly.As dit nie so is moet die staat wakker skrik en die man in aanhouding hou.Altyd twee kante van ‘n storie.

Thelsa ·

Liewe land 11 jaar op borgtog en die saak is nog nie afgehandel nie. Bewyse is seker laaaankal vernietig of nie meer bruikbaar nie.

loddertjie ·

Hoop daar kom dié keer iets van, hy is mos op heterdaad betrap?!

Ilze ·

Mooi so. Sluit hom en sy trawante asb nou toe en gooi die sleutel weg. Hy is ‘n krimineel. Arrogante vent.

Tino ·

Ek voel asof ek die vertraagde een is om dat ek dit nie ook gedoen het nie want mens kan heel duidelik weg kom daarmee. Die regstelsel is ‘n sirkus, die land is a sirkus

SjN ·

Wettig renoster handel dan sal die probleem ten minste aangespreek word. Ek weet van n paar eienaars wat hul diere wettig en eerbaar onthoring om stroping te stuit, indien dit onwettig gestroop was moet hulle swaar getraf word, maar ek dink die rede vir borg is dat bewyse ontbreek, laat die waarheid en deeglike ondersoek gelewer en bewys word voor kommentaar gelewer word.

Wielspore ·

Dit is in openbare belang dat Dawie Groenewald se saak so spoedig moontlik afgehandel word. Dit is ‘n verleentheid vir ons land, polisie en regs stelsel. Instussen gaan hy voort met sy renoster stropery asof hy onaantasbaar is. Sluit hom toe!

Hanna ·

Van wanneer af kan iemand wat op borgtog is vir dieselfde misdaad wéér aansoek doen vir borgtog?

Pim ·

Kan die man en sy trawante nou net asseblief permanent toegesluit bly! Hoe is dit moontlik dat hy nog so doodluiters met sy onwettige bedrywighede kan voortgaan! Hy het duidelik ‘n paar ‘vriende’ op die regte plekke.

Casper ·

Die man is reeds op borgtog vrygelaat vir soortgelyke oortredings.Wat bepaal daai borgvoorwaardes.Hoekom sloer hierdie saak solank.Hulle kan nou op hierdie klagte vervolg word en die ander saak in die gevangenis afwag.Ek glo van die vorige saak sal niks van kom nie en ek sal verbaas wees as die vervolging sal voortgaan.

Genis ·

Mamon…geld is jou baas, basta met die arme Renosters..hoof julle lafhartige skelms word swaar gestraf….

Anoniem ·

Lae luis, waarom word hy nie toegesluit en die sleutel weggegooi nie. Hoe laag kan ‘n mens daal.
In Suid Afrika is die misdadigers vry en die onskuldiges word vervolg.

Boon ·

Daar is iets ernstig verkeerd met ons land se strafregstelsel. Renosterstroper se saak sloer 11 Jane, 144 sterftes van Life Esidemeni-saak sloer al 5 jaar en die dokters in nog op rol en nie een skuldige is afgedank of gestraf nie. En ons maak aanspraak om n regstaat te wees.!?! n Edel beroep is tot die grond afgebreek en uitgehol.

Johanna ·

Hy is n skande vir sy Familie. As jy dom besluite neem, moet jy die gevolge dra. Boeta, erken jy het n probleem en gaan sit jou tyd uit. Hopelik leer jy jou A-B-C lewenslesse wat jy jaaarrre terug al moes geleer het. Jy klink vir my na een van daai seuns wag nie genoeg pakslae gehad het nie.
Jy kan nie maak wat jy will en ander mense se Renosters se horings stroop nie. Dis manner mense se goed. Sies man!!

Oljetter ·

Daar moet ook dringend gekyk word na doe gesloerdery wat ook in n winsgewende bedryf ontaard het. Die wat voete sleep se bankrekeninge en leefstyl moet van naderby bekyk word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.