Vermiste hondjie tuis ná tragiese ongeluk

Mpho Mahlaela, Bernice Muller en Kamogelo Mokoena saam met Chappies.

Chappies, ʼn Jack Russell-hondjie wat dae lank vermis was nadat haar eienaar in ʼn ongeluk naby Marble Hall in Limpopo gesterf het, is veilig tuis.

Maroela Media het vroeër berig haar eienaar, Allie Buitendag (26), en sy pa, Alberts (60), was Woensdag een van verskeie slagoffers van ʼn dodelike ongeluk op die Arabie-damwalpad. Chappies was ook in die bakkie toe die ongeluk gebeur het. Sy is vermoedelik uit die bakkie geslinger en was sedertdien skoonveld.

Buitendag se verloofde, Bernice Muller, was veral ontroosbaar ná Chappies se verdwyning. Die gesinne het pamflette in die omgewing van die ongeluk opgeplak en ʼn beloning uitgeloof vir Chappies. Hulle het ook sedertdien die omgewing gefynkam op soek na enige spoor van die hondjie.

Saterdagaand het hulle ʼn oproep gekry dat twee skoolseuns Chappies moontlik opgemerk het, het Lindie Byleveld, Bernice se ma, gesê. Hulle het tot Sondag omstreeks 02:00 self in die omgewing gesoek, maar van Chappies was daar geen teken nie.

Sondagoggend het Mpho Mahlaela (18) en Kamogelo Mokoena (18), twee matriekleerlinge wat naby die ongelukstoneel woon, laat weet dat hulle weer ʼn hond gesien het wat aan Chappies se beskrywing voldoen. Die twee het haar probeer vang, maar die verwilderde hond het aangehou weghardloop.

“Ons het die heeltyd geroep, Chappies, Chappies … maar die hond was baie bang,” het Mpho gesê.

Hulle het hul soektog Sondagoggend voortgesit en haar weer opgemerk. “Ons het jammer gevoel vir die mense en was bekommerd oor die hond,” het hy vertel.

Veilig tuis. Chappies by sy eienaar, Bernice Muller.

Die twee het voortdurend by die hond gebly en Byleveld weer laat weet dat hulle haar gesien het. Die gesin is inderhaas terug na die ongelukstoneel, waar hulle na Chappies begin roep het. Die hondjie het eindelik uit die veld te voorskyn gekom en in die Bylevelds se voertuig gespring. Sy was honger en dors, maar ongedeerd.

Byleveld het gesê hulle is oorstelp van vreugde. “Ons het gehuil van blydskap.”

Mpho het gesê hy en Kamogelo het nog nie besluit wat hulle met hul beloning gaan doen nie. “Ons beraam nog planne.”

Zelda Buitendag, Allie se ma, het gesê Chappies se veilige terugkeer was ʼn vertroosting. “Ek is só bly, jy weet nie wat dit vir ons beteken nie. Dis ʼn vertroosting vir die hele familie.”

ʼn Roudiens vir haar man en seun word Dinsdag gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Essa ·

Ek glo almal wat julle hartseer storie volg is baie dankbaar oor Chappies se tuiskoms. Dit is net so belangrik watter skakel met jou oorlede geliefdes so ‘n troeteldier bly en hoe dit troos. Dankie aan Mpho en Kamogelo vir hulle hulp. Sterkte vir al die treurendes in die tragedie.

Frannie ·

Ek is so bly. Ek is self is ‘n ongelooflike sentimentele mens, so ek kan net dink hoe belangrik dit vir hulle was om vir Chappies vir hulle moet wees.

Lizelda ·

Ek is so bly en dankbaar vd veilige terugkeer v Chappies. Dankie ook aan d twee seuns wat d moeite gedoen het om d familie te skakel. Geniet d beloning!!

Boris ·

Dankbaar dat die hondjie gevind is en dat sy naby die ongelukstoneel gebly het en nie die wye wêreld in is nie. Lyk my almal is baie bly. Sê maar opreg dankie vir onse Vader.

Una Swanepoel ·

Dankie Abba Vader dat u gesorg het dat Cappies gevind is dankie ook vir die jong seuns wat haar gekry het .Dink aan die family wat hulle geliefdes verloor het .

Una Swanepoel ·

Maroelamedia baie dankie dat julle laat weet het dat Chappies gevind is

Brakkies ·

RIV PA en Seun. Sterkte aan di familie. As ek mag vrae…. hoeveel mense het nog in di ongeluk gesterf….. di berig is baie vaag…….

Helene ·

My innige meegevoel. So Baie bly dat Chappie terug by die huis is. STERKTE!!

INA ·

Dankie Vader… Ek is bàie dankbaar dat Chappies gevind is… My dogter se katjie is nie weer gevind na haar ongeluk in Junie nie & dit vreet aan my…

Esta Venter ·

BAIE bly vir julle en vir chappies. DIERE gee baie vertroosting, dankie

wilma ·

Hoe innig dankbaar is ek dat Chappie gevind is. Baie baie dankie aan dai twee skoolseuns. My hart juig vi chappie se eienaar dat hy gevind is maar ook hartseer vir hul verlies

Cherokee ·

Vir die beloning gedoen. ‘Jammer gevoel vir die mense maar het nog nie besluit wat hulle met die beloning gaan doen nie.
Ek’s bly Chappies is terug by sy huis.

Matewis ·

Daar is mos ‘n beloning beloof as die hondjie gevind word en die 2 seuns het die hondjie gevind. Geld is ‘n goeie motivering, maar dit beteken nie dat hul nie tog jammer gevoel het vir die mense en hondekindjie nie. Ek is baie dankbaar dat Chappies gevind is.

Christine ·

Hoe sal jy weet, Cherokee? Ek kies om te glo dat hulle opregte intensies gehad het. Hulle is geregtig op die beloning soos wat enigiemand anders sou wees wat vir Chappies gevind het. Hulle het baie moeite gedoen om die familie te help. Wat maak dit saak as hulle nog nie weet wat hulle met die beloning gaan doen nie?

@Chrokee ·

Ek het 3maande gesoek na my een hondjie, het ook ‘n beloning uitgereik. Glo my ek was nog nooit so bly om die man wat haar na my gelei het sy geld te gee nie. Hy het dit uit en uit verdien.

Spokie ·

Sterkte aan die familie ek weer waardeer jul gan…ekt self my verloofde en my pa Maandag die 30ste September verloor op die N11 10km buite Mokopane oppad Roetan toe…my verloofde opslag dood en my pa n paar sekondes na hy uit kar gehaal is.My hart gaan uit na julle…ons afskeid was Saterdag gewees.

Blue Butterfly ·

@Spokie, my innige simpatie met jou ontsettende groot verlies. Mag al die mooi herinneringe jou altyd by bly en mag die Here jou ook dra deur hierdie ongelooflike moeilike tyd.

Mikayla ·

Askies vir die verlies Spokie, Bernice is my skoonsussie en my hart breek vir haar. Kan net dink wat jy ook deur gaan. Sterkte

Joanita Fourie ·

Ek is so dankbaar vir die twee seuns wat vir Chappies deurentyd in die oog gehou het. Kwaliteitkinders. En ek is verskriklik bly oor Chappies weer by sy mense is.

Jan ·

Ons honde is ons lewe. Elkeen met sy eie persoonlikheid. Gee liefde sonder vooroordele.
Dankbaar julle hondjie is veilig. En mag God julle styf vashou deur hierdie tyd.

Jimmy vd Heever ·

Mag daardie 2 jong manne goeie dinge beleef en dit koppel aan hul goeie daad.

Hannelie ·

N ongelooflike mooi einde na n tragiese gebeurtenis. So dankbaar vir hierdie twee seuns.

Chantel ·

Baie dankie aan die twee seuns…. Bly honde kind is terug by die huis en veilig

susan ·

Wie is die verskeie mense wat ook in die ongeluk oorlede is? En Una jy is baie verkeerd los jou probleme met die Vader Hy laat alles gebeur soos dit moet

Maria ·

My trane rol van dankbaar dankie Here. Dankie Mpho en Kamogelo julle is n ster!

annie ·

Mens dink nie altyd wat ‘n dier beteken nie… as dit al oor van ‘n gliefde famielie lid… sien mens soms die famielielid in die dier en ja dan betekn die dier baie meer as net ‘n hondjie. Baie sterkte aan die famielie… dis ‘n ongelooflike harde slag om 2 geliefdes met een slag te verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.