Vermiste man se liggaam by Voëlklip gevind

Argieffoto van Voëlklip naby Heroldsbaai. (Foto: Elaine Krige/Maroela Media)

Die liggaam van ʼn 65-jarige man van Mosselbaai wat die naweek as vermis aangemeld is, is Saterdag uit die see by Voëlklip naby Heroldsbaai gebring.

Geen vuilspel word vermoed nie.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die man is Saterdag omstreeks 05:45 as vermis by die polisie aangemeld. Daar is toe reeds vermoed dat hy hom moontlik in die omgewing van Heroldsbaai bevind.

ʼn Soek-en-reddingspan, waaronder polisieduikers, die polisie, die brandweer en die forensiese patologie-dienste, is na Voëlklip ontbied waar hulle die man se geparkeerde motor aangetref het.

’n Liggaam is later in die water opgemerk.

Die liggaam is met behulp van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) uit die water gebring en die man is dood verklaar.

Spies sê die presiese omstandighede rondom die man se dood word ondersoek.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Dit is die soveelste sterfte by Voëlklip die afgelope paar jaar en volg slegs enkele maande ná die vorige voorval, ten spyte van die George-munisipaliteit se pogings om die gebied met afskortings langs die pad te beveilig.

Maroela Media het toe berig ’n bejaarde man is dood nadat sy motor oor die afgrond gestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Daar moet beslis iets anders op daardie pad plaasvind. Waarom kan daar nie versteekte kameras geplaas word in die area en nagegaan word tydens so ‘n voorval nie. Iets klink net nie pluis nie.

Perdeby ·

Wat gaan dit help hulle gaan dan maar net na ‘n ander plek. As jy jou eie lewe wil neem dan sal die persoon dit doen, maak nie saak waar of watse plek dit is nie.

Plaaskind ·

HERNOEM DIE PLEK NA DOODSKLIP…..BAIE HARTSEER, STERKTE VIR SY NAASBESTAANDES.

Hennie Biebouw ·

Dalk moet hul soos die geval by Beachy Head, in die VK, begin om ‘n “Chaplaincy Team” op die been te bring om die area to patroleer. Mense is moedeloos in Suid-Afrika, veral oues van dae.

Roek ·

Dit gaan baie moeilik daar buite, sommige kan dit hanteer maar sommige nie, , dit is werkli, baie moeilik om sommige omstandigehede te verander. Vir 65 jaar het hy probeer oorleef en nou is hy weg, sterkte vir die famielie, bly maar bid en lyk dit soms vergeefs,

Santie Gildenhuys ·

Ek dink die spesifieke gebied is as AFSKEIDPLEK geoormerk en nou gaan die tradisie voort. Die see en omgewing is pragtig idillies… en die rotse dodelik. Ek weet regtig nie hoe ‘n mens die tragedies gaan verhoed nie. Dis baie jammer dat so ‘n lieflike omgewing nou so ‘n grillerige assossiasie gekry het.

JohanR ·

Daai plek is nou soos ‘n magneet, of die Bermuda Triangle van die Kaap! Lyk my die overhede kan maar doen wat hulle wil maar as iemand wil oor sal hulle oor.

bolletjie blom ·

Voëlklip begin nou dieselfde reputasie as die Van Stadensbrug te kry. So jammer dat mense so sonder hoop is.

Dieter ·

Ek dink hulle moet dieselfde daar doen as by die Van stadens rivier Brug, met kameras, met luidprekers en ‘n telefoon, wat dien as ‘n “selfmoord hulplyn” as iemand iets op die kameras gewaar. Om ‘n wag/Polisie beampte of 2 daar te plaas sal ook nie kwaad doen nie.

Di ·

Dink die omstandighede in die land dryf baie mense na selfmoord toe! Daar is net GEEN lig in die tonnel vir ons nie, een DONKER RIOOL PLAAS wat net erger word by die dag.

marius ·

Die donkerte van hierdie hool eis sy tol . Dis die waarheid .

Phillip ·

Daar is darem nog n plek Hartbeespoortdam . Het ook al n paar mense geneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.