Vermiste PE-pa opgespoor

Morne Pretorius (Foto: Facebook)

ʼn Pa van Port Elizabeth wat die afgelope naweek spoorloos verdwyn het, is ongedeerd opgespoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê Morne Pretorius is Sondagaand in Jeffreysbaai gevind.

“Hy het glo persoonlike probleme gehad en het ʼn wegbreek geneem sonder om enigiemand in te lig,” het Janse van Rensburg Maandag gesê.

Pretorius is Vrydag omstreeks 09:30 laas by sy vrou se werkplek gesien. Hy het sy ma deur die loop van die dag gekontak en gevra om sy seun by die dagsorg op te laai. Hy het haar later ook gevra om sy vrou by die werk op te laai omdat hy laat sou wees, het Janse van Rensburg vroeër gesê.

Pretorius se vrou het onraad vermoed toe sy hom probeer kontak het en sy foon afgeskakel was.

Sy vrou het oral gesoek waar hy moontlik kon wees en Vrydag omstreeks 17:30 is sy motor, ʼn blou Chery QQ, verlate by die Maitland-strand wes van Port Elizabeth gevind. Sy vrou het toe die Kabega Park-polisiestasie gekontak en ʼn soektog na hom is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

tanneman ·

Hier kom klipgooi kommentaar… laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Op julle merke, gereed, gaan!

Toffie ·

Dit gaan nie daaroor nie, dit gaan oor wat aan die mense naaste aan hom gedoen word. Die trauma wat hy hulle deurgesit het en emosionele skade is onberekenbaar. As jy dan behoefte aan alleen-tyd het, doen dit asb tog op ‘n verantwoordelike en volwasse manier sonder om ander in die proses intens seer te maak en te benadeel. Dan praat ek nie eers van hulpbronne wat vermors is om hom op te spoor nie.

Ou gees ·

Ek kan jou nou al sê die man praat al vir maande. Jy praat en daar word met jou gestry. Daar word vir jou gesê om jou paradigma te verskuif. Daar word voorbeelde vir jou gestuur oor ander wat dit erger as jy het. Jy raak so gtvl (moedeloos) want niemand hoor wat jy sê en niemand gee samewerking. Jy kry dan oor spesiales wat jou manipuleer, krokodil trane wat absoluut niks beteken maar gedruk word om jou te forseer om jou belange te laat vaar. En as jy al reeds alles gegee het, begin dit voel asof jy letterlik gaan verdwyn en net ‘n marionette gaan wees sonder siel, sonder belange, sonder hart.

katerinadiekat ·

Dit het niks met sonde te doen nie. In hierdie land,as jy net verdwyn sal jou geliefdes met Uiters goeie rede aanneem jy is ge-hijack en vermoor. Veral as jy n blanke is. This man is not a sulking teenager anymore. He should have left a note. Its called Being an Adult.

Sandra ·

Ja, julle is reg, dis nie ‘n kwessie van klipgooi nie. Die ou is ‘n man en ‘n pa, en sy ma lewe nog. Hy moes net iemand laat weet het. Ek kan myself indink hoe sy familie uitgefreak was oor die hele storie. My oudste seun toe hy Johannesburg toe is, het net een aand dieselfde ding gedoen. Net een aand. Ek was mal van bekommernis. Kan my indink wat sy mense deurgegaan het oor ‘n naweek, want die duiwel kom se baie dinge in mens se ore. En my vraag is hoe het hy in Jeffreys gekom? Hy was heel moontlik opgetel. Ek dink daar is dalk meer as wat ons weet.

Peetjie ·

Dankbaar hy is ongedeerd, maar ai mens – was daar nie n beter manier om n wegbreek te te vat nie…miskien het julle n ernstige gesprek nodig

Gawie ·

Ek’s bly hy is veilig, maar hy moet pak slae kry. Dis die wreedste ding wat jy kan doen om ‘weg te raak’ sonder om iemand te laat weet waar jy is. Dis nie ‘n probleem dat hy wou wegkom nie, maar laat weet dan net vir jou naastes dat jy OK is.

Trotse Boervrou ·

Hoeveel dinge het ons nie al in ons lewe verkeerd gedoen nie? Hoeveel kan ons van onsself sê oor wat ons al aan ons naastes gedoen het waaroor ons dalk spyt is. Wat sou die kommentaar wees indien hy vermoor was of selfmoord gepleeg het? Wie sê hy was dalk nie op die punt om dit te doen nie? Feit is dat die inperktyd baie mense se lewens verwoes het. Hierdie man is werkloos. Hy was dalk irrasioneel in sy optrede. Moet hom asb nie stenig indien jy nie sy omstandighede ken nie . Ek dink dit was bitter sleg vir sy familie maar ek dank God hy leef en dat hy nou gehelp kan word.

Wonder net ·

Laat ek dan maar ‘n klip gooi. Dit is ‘n uiters selfsugtige ding om te doen. Besef hy in watter overdrive mens se kop gaan in so ‘n geval. Ja ek is ‘n ma, en wardeer en respekteer die feit dat almal so nou en dan ‘n wegkom kans en “me time” nodig het, maar genade, respekteer die mense na aan jou genoeg om net ten minste ‘n briefie te los en te se jy wil bietjie alleen wees, en antwoord ten minste jou oproepe, of stuur net ‘n sms. Daar is soveel siek dinge wat in die samelewing gebeur deesdae, dat mens nie nog nodig het om oor dit op hol te gaan nie. AS dit my man was wat net spoorloos verdwyn het sonder ‘n briefie, sou hy wens hy het weggebly.

Daleen ·

Wonder net ek gaan saam jou ‘n klip gooi. Selfsugtig om DIT aan jou geliefdes te doen. Finish en klaar!

Petrus ·

Stem saam, dit was ‘n dom ding om te doen, veral vir sy naastes wat met die twyfel sit, wil nie dink waardeur hulle is.

Niklaas ·

Siestog, dis eintlik soos ‘n kreet om hulp. In die huidige tye in ons land doen mens nie so iets aan jou bekommerde familie lede nie. Al is jy gegrief oor iets.

Scalla ·

Die man het beslis n persoonlike probleem, maar dit is nie nodig om n verdwyn pil te drink nie, praat daaroor of soek hulp, dink aan jou geliefdes.

Stofdonkie ·

Arme ou, ek wil ook net partymaal so bietjie op die strand gaan sit, net een problem, die strand is bietjie baie ver vir my.

ES ·

Stenig my maar, maar ek dink dit is baie onregverdig dat hy dit aan sy vrou en kind gedoen het. Mens bekommer jou in die afgrond in as so iets gebeur en jy weet nie waar daardie persoon is nie, veral in ons land.

Sterkte my maat, ek hoop jy kan met iemand gesels wat jou kan help deur die moeilikheid wat jy deur gaan. Probeer met jou vrou ook gesels, jy sal verbaas wees hoe ondersteunend jou gade kan wees as jy hulle ‘n kans gee.

Claudette ·

Bly hy is veilig, ek se net as jy alleen tyd nodig het, lug net jou familie in daaroor sodat hulle nie ‘n soektog loods wat geld kos nie. Hoop hy kon berusting kry ons almal het tyd nodig vir ons self.

Agge nee ·

Ja, Tanneman, dit is seker klipgooikommentaar, maar wraggies, net ‘n briefie of ‘n boodskappie voor jy jou foon afsit sou verskriklik baie stres en koste verhoed het.

Pieter J ·

Ek hoop sy familie besef dat hy ń ernstige probleem het en dat daar op ń manier vir hom hulp gekry moet word. Almal reageer nie dieselfde op hul probleme nie. Ek kan net dink hoe traumaties dit vir sy familie moes wees.

Ou gees ·

Dude, doen dit reg.
Sê nóú dat jy tyd nodig het. Gaan praat met ‘n analis. Skryf alles wat in jou hart aangaan. As jy nie wil praat nie, moet nie.

As jy wil, sê vir alle familie, vriende en kennisse dat jy sal praat wanneer jy reg is.

Hier sit ek al amper ‘n jaar verwyderd van almal wat ek ken. En glo dit of nie. Dit is beter vir my so.

Ek kan nie met hulle praat nie, hulle verstaan nie of stry met my OOR IETS WAARVAN HUL GEEN BENUL HET NIE.

Hoe gee jy raad as jy nooit in dieselfde situasie was nie?

Terloops, ek skakel gereeld met hulle, hulle weet soort van waar ek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.